Geroepe
2025-01-30"Hy bêre meneer Pannevis se opdrag in sy boekesak – versigtig dat dit nie moet vou nie – en glimlag by homself. Hy’t nog altyd gewonder hoe dit moet voel om aan die rand van iets merkwaardig te staan. Mens weet nooit. Miskien skryf hy wat Albert is, vandag nog die heel eerste Bybelvers in Afrikaans neer."
Die laaste diamant | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-09"Hulle sal sy lewe red. Dis in hulle DNS in verweef – saam met al die tegnologiese wonders en supergene wat hulle so te sê onsterflik maak. Die rede vir hulle bestaan is om die mensdom van totale uitwissing te red. Of altans, so word daar gesê."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Madeleine Venter se terugvoer
2023-06-12"Maar as ek iets moet uitsonder, sou ek sê dat die module oor verskillende plotstrukture en beplanning van kinder- en jeugverhale vir my baie beteken het. Waar ek in die verlede meestal ’n manuskrip halfpad gelos het – omdat ek net nie meer geweet het watter kant toe verder nie – skryf ek nou baie meer doelgerig."
Boemelaar
2022-09-08"waarheid is, jy het verloor
teen die donker duiwelskoor
het die leuens wat hulle deel
vas geglo toe jy dit hoor"
