Belofte

  • 0

Foto: Canva

Belofte

sy laaste uur
sy laaste dag
sy laaste jaar (of twee?)

het ek gemis
verby geleef
lafhartig lank gewag

en dit het ek
te laat geleer:
ons almal buig voor tyd

so daarom dan
belowe ek
aan hom en ook myself

dat vrees my nooit weer
terug sal hou
so lank as wat ek leef

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top