stil

Foto: Canva
die ding
grom so hard
my dink word doof
’n woord maak hom wakker
selfs ’n kyk
tussen lyne
jou oordeel
en afkeer
sit my buite
die kring
verstote
vreemdeling
in my eie lyf
doellose dop
maar
Hý
los my nie
hou my vas
lig my uit
maak hom stil!

