Lentedraai

  • 4

Foto: Canva

ek sien jou aan Augustus hang in die winterson se glans
ag hoe heerlik ruik jou fyn jasmyn
as die perskebloeisels dans

jy draai jou in September aan die
deurbreekgrassies vas
ag hoe saggies speel jou groen gelaat
met elke boom se bas

jy’s kleurkind vroeg-Oktober tot die
somer jou ontbind
ag hoe prettig buig die blomme
voor die asem van die wind

 

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top