Voëlvry

  • 3

Voëlvry

Foto: Canva

Ek het die kettings
van jou mag
skakel vir skakel
afgeruk en

vêr

vêrder

v ê r w e g

uit die fratsgolwe
van jou stormgemoed
gevlug
tot waar die westerson
agter die kimlyn lag
en vrede triomfeer –
waar ek
v o ë l v r y
van flenterliefde is
en onthef is
van jou gesag.

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top