Wit kers

  • 0

Wit kers

Foto: Canva

’n wit kers 
se geel vlam
brand vanmôre
in ’n vensterbank

geraam teen Stellenboschberg
gehang aan die blou lug
die paar wolke
spatsels wit

my wit kers
se geel vlam
brand vanmôre
in my vensterbank

vir jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top