(Don’t go back to) Dogville

  • 0

(Don’t go back to) Dogville

Baby, as hulle vi jou hulle canines wys
gloe hulle sal jou byt
Honge honne wôd wee wolwe
’n Groep mense, een lot
isse community
offe conspiracy
It hang af
of jy binne of innie koue staan

Baby, erase Dogville se blueprint onne jou voete yt
Draw jou eie hys met magic chalk
Hourie la cucarachas byte jou borders
Koep jouself ’n bietjie tyd
Trek an jou harborcoat
Ofelia, teken jou trapdoor
Klim deerie windows van jou siel – escape
En whether jy binne of byte grace stap
Don’t go back to Dogville
Massacre die veliede of
stap tot jy vannie stage af val

 

Hierdie gedig is deel van ’n reeks verse met “teater” as tema, en dit word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier. Lees al die gedigte hier:

Athol Fugard 90: Teatergedigte

Die bydraes in hierdie reeks word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top