Innie foyer

  • 0

Innie foyer

Narie show kry jy drinks byrie bar.
Jy’t twie options,
kakklein koeldrank of kakduur wyn.
Mettie drink enne gwai lam jy byte
sam jou niggie wat jou saamgesliep et
en hourie anties en uncles deerie venstes dop
in hulle fancy rokke en leather jackets.

Ammel staan in groepies by mense wat hulle ken
en praat oorie protagonist se journey.
Oo wat hulle biete sal gedoen et
as hulle kan geact et
en as hulle kan geskryf et.

Ammel discuss ie choices vannie director
die design vannie set
die colour vannie ligte tydens ie vekragting
ennie krulle wattie victim se gesig gemask et
tydens ie monologue downstage left.

Assie feesgangers klaa gesyp et
en hulle wange see genoeg gesmile et
kô hulle twie vi twie ytgestroll
en mistake vi Abby vi een vannie leads.

Ek staan op
en ek march
sône Abby
cause sy vestaan ie die insult ie
en syte moerse bos blomme
vi haa chommie gekoep
asse dankie virrie show.

Wan net Abby vestaan
wattit gevat et
om daai storie te vetel.

 

Hierdie gedig is deel van ’n reeks verse met “teater” as tema, en dit word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in 2022 te vier. Lees al die gedigte hier:

Athol Fugard 90: Teatergedigte

Die bydraes in hierdie reeks word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top