
Foto: Canva.com
Eindstreep
by die rivier hier onder
swem my toekoms
sorgvry en sonder worries
van my wat hom soek
en nodig het
hy swem tussen al die jong siele
wat hul verledes probeer verbyswem
en elke keer geblok word
deur ’n tekort aan:
inside connections en die regte velkleur
hy swem verby
die son
die maan
en die sterre
en val op youth unemployment se skoot
sy breins na deeg


Kommentaar
Neo, ek ken jou nie persoonlik nie, maar ek is verseker een van jou grootste ondersteuners. Ek dink daar wag 'n ongelooflike toekoms op jou. En ek hou daarvan dat jou gedigte 'n mens se breinselle so bietjie uitdaag.