Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Laaste woorde
2022-04-04"woorde van ’n tweedehandse hart
met ’n siel so donker soos die nag
en oë so koud soos jou hart"
’n Sonstraal vir jou
2022-04-04"Ek het in die berge gaan soek na geluk
en daar vir jou ’n veldblommetjie gepluk
in die laaste strale van die winterson."
Briefie langs die see
2022-03-29"Ek skryf vir jou ’n briefie om te sê waar ek vandag is.
Ek sit hier langs die see by Hartenbos se kus."
Woorde en liefde
2022-03-29"woorde op papier
op die plek waar ons eens op ’n tyd
lewensverhale gedeel het"
Afskeid
2022-03-22"Vandag het ek jou vir oulaas gegroet,
met hartseerpyn in my gemoed.
Ek weet dat waarheen jy nou gaan
daar net vreugde en blydskap bestaan."
My broer Japie
2022-03-22"Eendag in die winter het Japie koud en nat uit eie beweging by die huis aangekom. Maar hy was nie alleen nie. Daar was ’n vrou saam met hom. My ma het toegesien dat Japie en sy metgesel hulself versorg, droë klere aantrek, en vir hulle kos gegee om te eet."
Foto’s en feeste
2022-03-17"Foto’s en feeste
van soekende geeste
verdwaalde siele by hul kunstefeeste"
Chase en Beertjie
2022-03-17"as hy net heeltyd
in my gesig wil lek,
lek hy die hartseer
en waai dit weg met sy sterk stert."
Terug na nimmerland
2022-03-07"sorgeloos in die skatkis van die lewe delf
soos nuut ontdekte kiekies lank vergete
word herinneringe, dof en effens verslete"
Oop gesprek
2022-03-07"sou jy ooit werklik kon verstaan
toe hy uiteindelik om jou pinkie draai
die geheim van sy krag met jou deel
dat hy sodoende sy God sou verraai?"
Mooi Berta
2022-03-03"Mooi Berta, haar ou stralende self, was laaste om die lesinglokaal te verlaat – net voor die professor, wat eers sy tas moes pak. By die deur het sy haar lang wimpers vir hom gefladder en mooi geglimlag en sy ou hart bly gemaak."
Die graf
2022-03-03"met my geboorte
het my ma haar drome en trane
diep in die berge gaan begrawe
want sy was nou ’n ma"
Een aand in Bishop Lavis
2022-03-03"Hul dwelms is ’n stroompie
wat vry en vrolik vloei.
’n Vrou wat aangerand is
lê iewers doodgebloei"
Weer probeer
2022-02-24"Soms gaan ek wen,
soms gaan ek verloor;
ek sal egter weer opstaan
en die wedloop van die lewe met ywer baan."
Vergetelheid
2022-02-24"’n Ou man loop alleen in die strate rond.
Saam met hom is net sy getroue ou hond.
Terwyl hy so eensaam deur die strate ronddwaal,
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal."
Keuses
2022-02-24"my hart brand
om slimmer te wees
en generational curses te breek met kwalifikasies."
As Kleinmond brand
2022-02-16"Ek verwonder my nog oor die mooi
van eindelose groen, spatsels geel
klossies parmantig’ sewejaartjierooi"
