Persverklaring: Ink dig- en skryfkompetisie 2022

  • 0

Persverklaring word geplaas soos deur Ink Skryf in Afrikaans aan LitNet verskaf:

15 Februarie 2022 – 30 Junie 2022

Kom gee vlerke aan jou woorde!

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spogbloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 3, INKSPRAAK 3 JEUG, en INKSPRAAK 3 KORTVERHALE.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte-poësie en -kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste (www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.

Reëls:

Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Dit is ’n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ’n gratis profiel op die INK-webtuiste te registreer. https://ink.org.za/registreer/

Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale van deelnemers mag ingeskryf word. Geen inskrywings mag ook vir enige ander kompetisie gebruik word nie. Slegs nuwe en ongepubliseerde werk  mag ingeskryf word. Werk wat ingeskryf word mag ook vir GEEN ANDER kompetisie ingeskryf word nie, indien daar van die INK wenners met dieselfde inskrywings in ander kompetisies met dieselfde inskrywing wen sal die INK toekenning verbeur word en verwag word dat die pryse teruggegee word.

Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.

Volwasse digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsfooi beloop R30 per gedig. Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie). Indien jy onder 25 jaar oud is kan jy asb. net ’n nota by jou inskrywings sit sodat ons toestemming het om ook jou werk aan die FAK vir die EKSPO te mag voorlê.

Skoliere (Jeug) kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsgelde beloop R30 per gedig en R50 per kortverhaal (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal). NB: Alle inskrywings van die Jeug gaan ook by die FAK voorgelê word vir die Afrikaanse ekspo. Ouers/Voogde moet dus toestemming gee dat die inskrywings wel met FAK gedeel mag word (inskrywing vir ekspo is gratis) Maak asb duidelik ’n toestemmingsnota by ELKE inskrywing wat ook aan die FAK ekspo mag deelneem

Skrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies. (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal) Inskrywingsgeld beloop R50 per kortverhaal. Indien jy onder 25 jaar oud is kan jy asb. net ’n nota by jou inskrywings sit sodat ons toestemming het om ook jou werk aan die FAK vir die EKSPO te mag voorlê.

Inskrywingsgeld- en rekeningbesonderhede op die ink-webwerf beskikbaar.

Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Hierdie jaar gaan ons slegs 1 afdeling gebruik vir die digters, naamlik Vry-vers. Daar is dus geen voorskrifte of temas nie en elke digter kan sy/haar unieke stem uitbring in hulle gedigte (die hoeveelheid inskrywings is onbeperk). Alle inskrywings moet NUWE werk wees wat nog nooit op enige platform of ander publikasies (Facebook ingesluit) gepubliseer is nie. Gedigte/stories mag ook NIE vir ander kompetisies gebruik/voorgelê word nie.

Elke inskrywing moet gestuur word in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres: skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2022. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.

Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Hier is nog besonderhede.

Onthou inskrywings is onbeperk!

Lees ook:

Persverklaring: Ink dig- en skryfkompetisie 2021

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top