Die geheim van luiperd wees

  • 9

Foto: Unsplash.com

Die geheim van luiperd wees
Die geheim van luiperd wees,
is die eensaam wees

sien
sonder selfblootstelling

jag
sonder maat

wreed wees

die geheim van luiperd wees
is sonder vaste maat wees

om elke nag te soek –
blinkoog turend;
natneus soekend
teen die aandlug
die onrus se nabyheid te besef;
dit sluipend agterna te draf,
hurkend daarop te wag

die geheim van luiperd wees
is dus die eensaam wees;
die altyd op wag wees
met die onrus altyd bekruipend
in die gees

  • 9

Kommentaar

  • Helize van Vuuren

    Treffend, ja, maar sekerlik moet Rilke se "Der Panther" (1901, uit Neue Gedichten/Nuwe verse), hiermee saam gelees word, tog? Ter aller verryking, Rilke en Wheeler?

    Op 11 September 2019 het hier, in presies hierdie forum, ook 'n verruklike vers van Jacobus Swart verskyn oor die baie selde waargenome, en uiters skaars, bedreigde sneeuluiperd - waaroor toe kort tevore tog 'n adembenemende video op YouTube verskyn het (al hierdie verse seker nakomelinge ook, weens die onderwerp en die gegote syn in die Afrikaanse taal, van Van Wyk Louw se "Die swart luiperd", van 1942).

    _______

    Der Panther
    Im Jardin des Plantes, Parys

    Sein Blick ist vom Vorübergehn der Stäbe
    so müd geworden, daß er nichts mehr hält.
    Ihm ist, als ob es tausend Stäbe gäbe
    und hinter tausend Stäben keine Welt.

    Der weiche Gang geschmeidig starker Schritte,
    der sich im allerkleinsten Kreise dreht,
    ist wie ein Tanz von Kraft um eine Mitte,
    in der betäubt ein großer Wille steht.

    Nur manchmal schiebt der Vorhang der Pupille
    sich lautlos auf –. Dann geht ein Bild hinein,
    geht durch der Glieder angespannte Stille –
    und hört im Herzen auf zu sein.

    Rainer Maria Rilke
    ____________________

    Die Luiperd
    in die Botaniese Tuin (Parys)

    Sy staar is van verbyswiep van die tralies
    nou so moeg, dit kan niks meer hou.
    Dit voel na duisend tralies daar
    en agter duisend tralies geen wêreld meer.

    Sy sagte soepel gang so sterk getree
    wat steeds in allerkleinste kring daar draai
    is soos 'n dans met krag alom 'n sentrum,
    waarin verdoof 'n groter wil stilstaan.

    Net soms verskuif die voorhang voor sy oë
    klankloos op - en vang 'n beeld daar vas,
    gaan deur sy liggaamsdele in gespanne stilte -
    en stol dan in die hart tot niks.
    (vertaling van Rilke, Helize van Vuuren, 13 April 2022)

    __________

    (die vorm van die vers hieronder ongelukkig verwring weens die "sny-en-plak" metode - jammer!)
    ______

    die sneeuluiperd
    Jacobus Swart

    vir Heleen Louw

    ore platgetrek
    hurkend teen dungeskilde lig
    afgerol tot in die doopbekken
    in die stilte wat jou vooruitgaan
    die omkluisterde voetkussing op die klip

    ’n bergbok
    die stolpunt
    in die bleekgroen lawaglas van jou oog

    langs die loodregte krans
    ’n vallende gnomon
    berghang en bok
    ’n verbrokkelende ruitverwysing

    ná die afgrond
    die goue ratio van jou luiperdlyf
    ’n gestrekte boog
    kwasbegrepe deur die onverskrokke stert
    ’n halwe Rorschach agter sy gesperde voorklou

    bo en onderkaak versoen
    in die jong ooi se ontblote keel
    die deurbyt van slagtande

    gutturaal
    in maagdelike stilte
    onder die aanraking van ’n vingerpunt
    met asem en bloed
    die grotwand tot lewe versteur

    ******

  • Marietjie Scheun

    Dis 'n uitstekende beskrywing van hoe die luiperd sy "magsvertoon" in die natuur te wys. Goed gedoen.

  • Helize van Vuuren

    Graag gedaan, Freddie - jou gedig gee aanleiding tot die woordestroom (kon myself nie help nie)

    "Luiperdgedig" van Marlene van Niekerk (2013 KAAR, p.63), hoort by die lys

    Luiperdgedig

    Soos uit ’n kaf hang skigte lig
    die kloof nog vol – dan
    word dit onleesbaar stil, suikerkanne,
    riet, die ingehoue val van vo lgeroep
    asof iemand peins oor ’n gedig.

    Die herbegin is tentatief, ’n tingel-
    tangel krieke, vuurvlieg, ster-
    getwinkel, forte maankristal
    die pieke, kranse, berg.

    Plots, ondenkbaar uit stram varre,
    die skuur en sprong van iets
    wat blitssnel romp en flank ontkelder,
    ’n bok se kreet wat een maal helder,
    in strofes van die nag versterf.

    By Van Niekerk kom nog 'n dier-in-die-nag, Ted Hughes se "The Thought Fox"

    https://poetryarchive.org/poem/thought-fox/

    Dier en digterlike inspirasie...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top