Ek soek net vriede

  • 0

Foto: Canva.com

Ek soek net vriede
Douvoodag
kry djy my oppie stoep sit.
Skel vi my ek isse nikswêd,
beledig my voo my vrinne.

Djy het my gevind;

Jou koudhartageit 
speel soes musiek in my ore,
Ek probeerit ignore 
maa dis alles in vain.

My kinnes wietie hoe moeg ek issie,
want my omstandighede bly moeilik.
Ek hette weight op my skoues
wat skrik vi niks,

En ek soek net vriede.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top