Skrywersblok

  • 0

Foto: Pixabay.com

Skrywersblok
Hoe is dit dan dat ek vannag
my gevoelens moet uitstook
ek wat g’n pensku
deursigtig op ’n wit blad
’n leeftyd kan uitleef?
Maar deesdae is my lewenslustigheid
in die niet vasgeslaan
en my gedagtes wat sit
op die kimme van my hoof
tog nie eens ’n toon
tot iets dieper kan kloof

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top