Fallen

  • 0

Foto: Canva.com

Fallen
Sekere goed ignoreer ek.
Ander goed is meer ernstig
as drinkwater;
Jy’t gekrap by my insecurities,
ou wonde het jy oopgegrawe.
En toe jou hande vuil begin raak
hulle aan my klere afgevee.

Ek kyk nou vir jou so aan
en ek wonner waar het die tyd
heen gegaan;
Of jy jou verstand verloor het
of net plein simpel vertoon.

Want was ek ’n dronklap vandag
sou ek beslis nie soos jy
lyk nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top