omkyk-omkyk

  • 1

Foto: Canva.com

omkyk-omkyk
hy dra ’n vuil broek en
sit op die sypaadjie met
’n sad gesig
hy was my skoolvriend ’n
slim top dog tussen ons
hy vra my change vir
brood en lang polony en
miskien
’n entjie waar hy
sit op gistermiddag se
nuus en platgemoerde bokse

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top