
Foto: Canva.com
Ek wens ek kan jou nog een keer sien
Ek wens ek kan jou nog een keer sien,
Maar nou sien ek jou net oor ’n skerm.
Daai laaste drukkie, voor ek my afstand moet hou.
Ek wonder is jou glimlag nog so pragtig ...
Maar nou bedek ’n masker die helfte van jou gesig.
Is jy nog so skraal? Of is eet ook al wat jy kan doen?
Ek wens ek kan jou nog een keer sien,
Maar ons mag nie ons huis verlaat nie.
Mense verloor hul werk en word siek ...
Nou isoleer ek vir 14 dae en hoop ek sien 15 dae.
Uiteindelik kan ek jou sien,
Maar nou moet ons elmboë gebruik om te groet,
Distansieer en heeldag saniteer.
My hart is gebreek en nie eens ’n entstof kan dit toesmeer,
Want jy is nie hier meer ...
Ek wens ek kan jou nog een keer sien,
Maar Covid-19 het jou geneem.


Kommentaar
Baie awesome gedoen Kenan!!! Well done, wag some’ nou vir nog ...
Wow Kenan, super trots op jou!!! Baie mooi 🧡
Dis was great, well done, Kenan!
Knap gedaan, Kenan 🙌
Beste een wat ek nog vir die jaar gehoor het, hou so aan, yster!
Just wow. Die gedig het my hoendervleis gegee❤️
Just wow. Die gedig het my hoendervleis gegee❤️
Dankie vir almal se kommentaar. Ek waardeer dit.
Wow, wow, my seun! Dis super-duper mooi. Ek is sooo trots op jou.
Dis beautiful, Keens! 👏🏼👏🏼