die scheme

  • 0

Foto: Canva.com

die scheme
dis donker hie;
die mense is soe snaaks.
amal lyk aliewag kwaad en
nieman praat mee 
ordentlik saamit mekaa.

ek skat dis makliker soe;
dan hoef mens mos nieman te pla
virre stukkie brood offe
twintag rand’ie.
som gloe dit móét soe wies;
ek weier om
vir my soe te lat lieg.

cause ’n goeie wood offe drukkie 
het nog nieman leed angedoen nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top