
Foto: Canva.com
Foto’s en feeste
Foto’s en feeste
van soekende geeste
verdwaalde siele by hul kunstefeeste
die ritme
die rym
die inhibisies verkluim
pligte sal maar nou moet versuim
dans dans in die stofwolke
soveel drank
soveel volke
olke bolke riebiekie stolke
rook die boom
rook die blare
die takke
die lekker
die kakke
hou dit vas
terwyl dit nog pas
hou dit dop
ons pak nou maar op
môre sal normaal weer inskop

