In ’n oogwink

  • 0

Foto: Canva.com

In ’n oogwink 
Die lewe is net ’n oogknip lank, 
verplasing van tyd soos ’n eggo se klank. 
Dit begin onskuldig in die oë van ’n kind, 
maar die rose en dorings wat die lewenspad vind 
laat dit eindig in kykers van wysheid, of vermink.

Die siel agter die oë gee die lewe sy kleur, 
in vriendskappe en ondervindings getrou gereflekteer. 
Gefokus, gemik deur ’n teleskoop op ’n punt, 
kan die seile skielik draai teen die aanslag van die wind 
en ’n lewensboot sonder anker vinnig begin sink.

Benut elke oomblik, werk, speel en leer – 
niemand weet wat volgende op 
die lewensreis gaan gebeur. 
Die lewe is tyd oor ’n kort afstand gestrek, 
in sekondes gemeet, in ’n oogwink verstrek.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top