Elizabeth Wolmarans

Tans ’n sielkundestudent by die Universiteit Stellenbosch. Skryf al van ’n baie jong ouderdom met sukses in jong-skrywer-kompetisies. Ek voel Afrikaans is ’n digtaal en die meeste van my werk fokus op die menslike geaardheid en die betekenis van die lewe. Ek voel ook dat Afrikaanse digwerk moet terugkeer na sy tuiste op Karooplase, die Kaapse Vlakte en die harte van mense wat bid vir reën.

In ’n oogwink

Elizabeth Wolmarans Poësie 2022-02-16

"Die siel agter die oë gee die lewe sy kleur, 
in vriendskappe en ondervindings getrou gereflekteer. 
Gefokus, gemik deur ’n teleskoop op ’n punt, 
kan die seile skielik draai teen die aanslag van die wind"

Huis, woning, tuiste: Elsa Wolmarans se inskrywings

Elizabeth Wolmarans Skryfkompetisies 2017-02-21

Lees Elsa Wolmarans se inskrywings vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

Top