Huis, woning, tuiste: Elsa Wolmarans se inskrywings

  • 0

My huis, die wêreld

Deur die voorhekkie van die heelal,
loop ek deur my agterplaas …
My agterplaas, die wêreld.

Moeder Aarde verwelkom my
met ’n kus van sonlig:
“Hallo, Mammie, ek is terug.”
Hergebore as ’n kind van Afrika.

Die Vader omhels my met die
sagte streel van wind.
Alle eer aan Hom, want ek is
Sy kind.

My huis, die wêreld, word uitmekaar
geskeur.
Soos ’n vel papier in ons swembad,
ons swembad, die see.

Moeder en Vader pleit by my,
om wanneer ek groot is ons huis,
die wêreld,
reg te kry.

 

Die gekheid van my huis, die wêreld

Daar is so baie seer
Wat daagliks rondom my gebeur.
Van misdaad tot rassisme,
Diefstal en vandalisme.
Dit beskou ons as normal.

Hoe laag het my familie nie gedaal?
Die warboel begin al in die klas
met rebelse kinders se gedrag,
ondankbaar vir alles wat hul kan leer,
selfsugtige ego’s in beheer.
’n Sinnelose rondgespoel
so absurd en sonder doel.

Die waansin lê daarin
Dat daar weer ’n Eden moet begin.
Waar liefde en deernis vir mekaar
soos males strome kan baljaar.
Sodat weemoed geluk kan raak
en ’n ware tuiste kan ontstaan.

Gun my ’n oomblik van gekheid
om te glo met kinderlike opregtheid.
Dat êrens uit my verdraaide huis
’n utopie sal verrys.
Want al is daar onsekerheid in my gemoed, weet ek die mensdom is innerlik goed.

 

Beperkte tyd in my huis, die wêreld

Die lewe is net ’n oogknip lank
Verplasing van tyd soos ’n eggo van klank,
maar die rose en dorings wat die lewenspad vind,
laat dit eindig in kykers van wysheid vermink.

Die inwoner van die huis gee die wêreld sy kleur.
In familie en ondervindings getrou gereflekteer.
Gefokus, gemik deur ’n wasige venster
kan die voordeur geruk woord deur ’n stormwind

Benut elke oomblik, werk, speel en leer.
Niemand weet wat volgende in ons huis gaan gebeur.
Ons verblyf is net oor ’n kort afstand getrek
in sekondes gemeet, in ’n oogwink verstrek.

 

My huis die wêreld, ’n selfgesentreerde plek!

Selfvoldaan,
die eie ek. My ydele selfbeeld
gevleg om selfbelang. Perfek.
Selfsugtig!
Nee, nie ek.
My geboorte regverdig
’n gewelde ego- dis onskuldig en altyd reg.
SELFGESENTREERD!
Ja jy!
Sien die skade in jou huis, breek die skanse
JY!
Narsis, laat die son ook oor ander skyn.
Selfstandig
Is die een wat wysheid en balans tussen
die “ek” en die “self” vind.
Die een deur ook vir ander oopmaak.
Selfverrykend,
Die gevolg
as “Ek” se self, ryker wees van gees
en ek, my huis, sal baie geselliger wees.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top