
Foto: Unsplash
LitNet nooi jou uit om ’n gedig oor kos, of die tekort daaraan, te skryf en daardeur vir drie groot kontantpryse in aanmerking te kom.
Let wel: Hierdie kompetisie het op 21 Januarie 2022 gesluit.
Die kompetisie-inskrywings word op LitNet gepubliseer. Klik hier om die inskrywings te lees.
..........
Hier is ’n paar aanhalings om jou gedagtes aan die gang te sit:
Honger
There are people in the world so hungry, that God cannot appear to them except in the form of bread.
– Mahatma Gandhi
ek kom weer eens nie uit met my budget nie
die suiker en die melkkoepons is op
langs my masjien lê stapels stukkende klere
spinnekoppe weef macramé teen die mure
my gesin grawe in leë koekblikke na iets om te eet
– Uit “Weer eens” deur Antjie Krog
Kos en verslawing
Almal stop hulle nie noodwendig vol kos nie, maar almal stop hulself wel vol met iéts – al is dit ’n verslawing aan sosiale media, YouTube of Netflix. Enigiets net om besig te bly sodat jy nie kan onthou hoekom jy régtig hier is nie. En wie jy is nie.
– Uit Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck
Kos en geestesgesondheid
Being unwanted, unloved, uncared for, forgotten by everybody, I think that is a much greater hunger, a much greater poverty than the person who has nothing to eat.
– Moeder Teresa
Kos as vertroosting
There has never been a sadness that can’t be cured by breakfast food.
– Ron Swanson, Parks and recreation
Kosmaak
I think we all live in a world that is so fast-paced, it’s threatening and absolutely saturated with change and novelty and insecurity. Therefore, the ritual of cooking and feeding my family and friends, whoever drops in, is what makes me feel that I’m in a universe that is contained.
– Nigella Lawson
Kos en gesondheid
The doctors of the future will no longer treat the human frame with drugs, but rather will cure and prevent disease with nutrition.
– Thomas Edison
Pryse
Eerste prys: R5 000
Tweede prys: R2 500
Derde prys: R1 500
Hoe om in te skryf
Stuur ’n e-pos na eetmywoorde@litnet.co.za wat die volgende bevat:
- Jou naam en van
- Jou selfoonnommer
- Jou gedig (in die e-pos self of in ’n afsonderlike Word-dokument aangeheg; geen foto’s of PDF’s sal aanvaar word nie).
Kompetisiereëls
- Slegs een inskrywing per persoon.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in ag geneem word.
- As jy jonger as 18 is, moet jy met die toestemming van ’n ouer of voog deelneem.
- Jou inskrywing moet in die vorm van ’n gedig wees.
- Jou gedig kan in enige variant van Afrikaans geskryf wees.
- Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
- Oorspronklike titels word aangemoedig. Vermy generiese titels soos “Kos”, “Eet” of “Honger”.
- Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie. Die skrywer behou die kopiereg op sy/haar gedig.
- Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
- Die sluitingsdatum is 21 Januarie 2022.
Aangebied in samewerking met die
Kommentaar
Sal vonkfiksie ook in ag geneem word?
Ek neem graag deel aan die kompetisie.
Baie dankie vir die uitnodiging
Baie dankie vir die geleentheid.
Hierdie is n wonderlike geleentheid, en gaan baie lekker pret wees!
Ek gaan beslis deelneem.
Dankie vir die platform.
Baie dankie vir die geleentheid om kreatief te skryf!!
Baie dankie vir die geleentheid. Dit laat skrywers en taal leef, groei en ontwaak. Dankie
Heerlike uitdaging!
Awesome geleentheid. Dankie
Lekkerrrrr! Dankie vir die uitnodiging.
Ek wil graag weet - Ek is 'n blote amateur sonder digtersagtergrond of -geleerdheid. Gaan die gedigte nagesien word om klein kreukeltjies uit te stryk, of moet ons self iemand vind om ons te help daarmee?
Baie dankie ‒ uitdaging! Relevante tema ... roep jou op tot reflektering.
Ek stel belang! Dankie vir die uitnodiging! Ek moet net my woorde op papier kry!
Ek neem graag deel. Dit sal my eerste digkunskompetisieinskrywing wees. Ek sien uit na hierdie uitdaging.
Is dit net vir Suid Afrikaners? Ek is in Namibië en wil graag deelneem.
After a few moments, I forget to be inspired by his silence, and begin once more to cry. When my father came in I was sobbing, and repeating the word bread over and over. Bread. Bread. Bread.
Ek stel belang.
My inskrywing is op pad!
Dankie vir hierdie geldige geleentheid.
Dankie vir uitnodiging. Ek gaan defnetief deelneem.
My dogter (12) wil ook graag deelneem. Sy is baie opgewonde!
Baie dankie vir die geleentheid. Ek 'brand' om deel te neem.
Waar kan mens jou inskrywing indien?
Ek’s in - soos ‘n oester met Tabasco en ‘n druppel suurlemoen.
Dankie vir die uitnodiging ... Ek sal graag deelneem.
Lekkerrrrr
kos-blik
idee
wat die gedig
my gee.
Dankie vir die geleentheid om deel te neem. Het dit geniet om bietjie buite die boks te dink!
Baie dankie vir hierdie heerlike uitdaging so aan die begin van 'n spiknuwe jaar.
Dankie ... ’n uitdaging om deel te neem.
Uitdagende tema.
Dankie
Dankie, vir die voorreg om deel te neem.
Annet
Dankie
Dankie dat ek kan deelneem.
Ek gaan dit ook waag om pen op papier te sit.
Dankie vir die geleentheid.
Fantastiese geleentheid! Sterkte aan al die digters!
Hoe skryf ons in? Stuur julle dit via e-pos?
Dankie, nou kan ons lekker speel.
Kan mens in Engels skryf?
Dankie
Is die wenners van Eet My Woorde al aangekondig?
Hallo Annemie. Die kortlys word volgende week aangekondig, en die wenners in die week daarna. Groete, Liné
Hi, Liné, my gedig veskyn nog steeds nie onder die gepubliseerde lys inskrywings nie? Moet daar nog inskrywings gepubliseer word?
Hallo Henriette, ons is besig om die laaste gedigte tot by groep 21 te plaas. Dit gaan voor die einde van die dag verskyn. Groete, Liné
Dankie, Liné.
Hallo, is daar dalk iets van Lettie Murray?
Hallo Lettie. Ja, jou inskrywing is op hierdie bladsy gepubliseer: https://www.litnet.co.za/eet-my-woorde-inskrywings-14/. Groete, Liné
Wanneer word die wenners aangekondig?