Manifes van die kremetartboom

  • 1

Foto: Unsplash.com

Manifes van die kremetartboom 
na ’n toespraak van Robert Sobukwe

verby die klippe in townships, 
die perseënwaas            
van Vlakplaas se braaivleisvure 
en ook alles tussenin, 
het die kalm kremetartboom 
hemelwaarts 
deur steriele stofgrond gebreek; 
swart 
en 
wit 
en 
bruin 
         lote het 
                      ineen-
                                   gegroei. 
terwyl verwelkte siele in die veld 
tussen grafte van wedersydse gemeenheid 
versamel, 
en geplant is in 
                      ’n eens bloedbevlekte grond 
waar nou net belowende blomme gedy:

saam-saam, 
Azanië, 
in jou skadu,     
word almal 
             (be-) vry

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top