
Foto: Canva.com
Skielik
Daar was geen groet nie:
net jou skielike vertrek;
geen roering
van jou hand in wuif;
geen glimlag
wat vir laas
oor jou gesig sou skuif;
geen aanloop
tot die opstyg van jou laaste vlug,
geen kleiner word
wat stippel deur die lug ...
– net jou wegraak
in die niet en blou;
en ek wat langsaam
oral soek na jou.


Kommentaar
Die mooiste beeld, welgedaan.
Pragtig, lees baie gemaklik en lekker.
Baie dankie vir jou saamlees Theresa. Ek het groot waardering vir jou digkuns en daarom beteken jou kommentaar baie.
Driekie! Ek waardeer jou kommentaar. Baie dankie. Sien uit daarna om weer iets uit jou digterspen hier te lees.
Puik Salvia
Dankie vir jou welwillende woorde, Andries.