Salvia Ockhuis

Salvia Ockhuis

Salvia het op Heuningvlei, naby Wupperthal, grootgeword en aan die Senior Sekondêre Skool Schoonspruit op Malmesbury gematrikuleer. Tans werk sy as professionele teaterverpleegkundige in Kaapstad.

Lees was haar eerste liefde. Sy het dit geniet om op laerskool reeds by dramas wat haar ma vir die gemeenskap geskryf en opgevoer het, betrokke te wees. Op skool was wiskunde en skeinat ook groot lekkertes.

Sy was ’n finalis by altwee Lapa/Kuier-kortverhaalkompetisies. Haar kortverhale verskyn ook in die Hartlam-bundel (Tafelberg), en Kuier en Lapa se RomanzaLiefde-reeks.

Die natuur, die heelal fassineer haar.

“Beeldskoon – dís hoe ’n goeie gedig vir my is.”

Lief

Salvia Ockhuis Poësie 2021-05-31

"in my hart ontwaak 
’n hitte wat voortaan 
al my winters wonderskoon  
sou maak."

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Salvia Ockhuis

Naomi Meyer, Salvia Ockhuis Skrywersonderhoude 2021-05-05

"Ek skryf graag stories oor my komvandaan, aangesien daar nie juis sodanige letterkunde tans bestaan nie en die ouer garde besig is om (stories en al) uit te sterf."

Skielik

Salvia Ockhuis Poësie 2021-04-12

"net jou wegraak 
in die niet en blou; 
en ek wat langsaam 
oral soek na jou."

Winter

Salvia Ockhuis Poësie 2021-03-26

"siedend-verwoed ruk en skel 
die wind in boom en hoek 
asof hy dáár – getoor en fel – 
die rede vir sy tierhart soek."

Tra-tra-enigma

Salvia Ockhuis Poësie 2021-03-23

"maar watter doper het eens 
op haar walle gestaan: 
waar kry die mooi rivier 
haar naam tog vandaan"

Nagmerrie

Salvia Ockhuis Poësie 2021-03-16

"sy ril deur die gedagtes 
van sy vroetel deur haar vel; 
wat lief moes wees, ontaard in vrees ..."

Pappa

Salvia Ockhuis Poësie 2021-02-24

"My pa se hande 
het hul vasvat verloor, 
sy knobbel-vingers 
bewe as hy werk" 

In memoriam 

Salvia Ockhuis Poësie 2021-02-05

"Jy leef nog in my woorde, 
seer-mooi in my onthou; 
in die wasem van my asem, 
in my hart se teerste vou"

Verpleegster

Salvia Ockhuis Poësie 2021-01-22

"... deur ander se heil gerig 
is sy twintig-twintig 
se beeldskone gedig."

Ode aan ons liefde

Salvia Ockhuis Poësie 2020-12-10

"Jare gelede het ons 
ons name 
in twee harte oor mekaar 
op ’n akkerboomstam 
uitgekerf;"

Hartseer

Salvia Ockhuis Poësie 2020-02-26

"die wete van jou wegwees
wat weer en weer bly wond"

Top