
Foto: Canva.com
Nagmerrie
As die son sy heet kom haal,
die dag sy groet-hoed lig,
lang skadu’s uit hul skuilings kom,
die donker begin sug:
daag immer in haar weer die weet,
afgryslike onthou
wat knellend-klam sy koue hand
stil om haar keel kom klou;
sy ril deur die gedagtes
van sy vroetel deur haar vel;
wat lief moes wees ontaard in vrees –
haar lewe: angs en hel;
hy bly die donker skaduwee,
die monster wat verniel
en sy sy kleine dogtertjie –
geskend in sel en siel.


Kommentaar
Pragtig
Baie dankie, Anzé.
So verskeur agter-deur-aksies baie van ons vrouens en dogters. Pragtig die seer saamgevat.
Baie seer en besonders. Mooi geskryf.🌹
O, dit is so pragtig verwoord. Lank lewe die skrywer van die mooiste Afrikaans.
Baie dankie Pieter. Waardeer. Ja, ek dink dit gebeur baie meer as wat ons besef. Dis hartverskeurend tragies.
Baie dankie Drienie Kelly. Waardeer. 🌹
Baie dankie vir jou waardering en seënwense Myrtle Vergotine. Ek waardeer jou.🌹