
Foto: Canva.com
Lief
Jy het
oor ’n ryptapyt
na my toe
aangekom;
die oggendson
het bo die berg
stralend
begin blom;
en toe jou oë myne kry
het sielsalig
in my hart ontwaak
’n hitte wat voortaan
al my winters wonderskoon
sou maak.


Kommentaar
Mooi beelde Sylvia
Baie dankie Theresa.