Toe als verby was het
selfs die weer ook sag bly ween:
jou graf was blom-mooi
in eggo's wind en fyn-nat reën.
Later – net soos water –
stil bly syfer deur grond:
die wete van jou wegwees
wat weer en weer bly wond.
Vir altyd sal ek nooit
weer iets met jou kan deel;
vir altyd is te kort
om hierdie seer te heel.



Kommentaar
Pragtig Salvia Ockhuis🌹🌹🌹
Pragtig!
Einamooi Salvia.