Winter

  • 2

Foto: Canva.com

Winter

Die reën is ’n 
dawerdans op my dak, 
watergordyne wat in 
stortvloed na benede sak; 
skitterdruppels toejuig 
teen raam en ruit, 
spel spatselwoorde 
oor die aarde uit;

siedend-verwoed ruk en skel 
die wind in boom en hoek 
asof hy dáár – getoor en fel – 
die rede vir sy tierhart soek.

Grootoog verwonderd staar ek 
na die luister om my heen – 
’n kind wat weer 
magtige skoonheid stil bejeën, 
en hoor, ontroer, Sy stem 
druisend vibreer: ’n eggo  
in die wonderskouspel van die weer.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top