Hierdie kompetisie het gesluit. Die wenners word hier op LitNet aangekondig.
Die brand wat onlangs gedeeltes van die biblioteek- en argieffasiliteite van die Universiteit van Kaapstad in puin gelê het, herinner mens aan die verganklikheid van alles wat ons waardevol ag.
Die omvang van hierdie groot verlies moet nog vasgestel word.
LitNet nooi jou om deel te neem aan ons vonkfiksie-skryfkompetisie.
Skryf ’n storie van tien woorde met die titel “Vuur in die argief”.
Jou verhaal hoef nie noodwendig oor die brand by die UK te handel nie, alhoewel hierdie tragedie voorop in baie mense se gedagtes is.
Hou ook in gedagte dat elkeen van ons ’n biblioteek op bene is, elk met sy of haar eie geheue as persoonlike argief.
Het daar al ’n vuur in jou gemoed gewoed?
Gee dus jou verbeelding vrye teuels!
Dink ook verder na oor die aard van ’n argief. Wie het die dokumente in ’n gegewe argief geskep? Vir watter doel? Oor wie se lewens handel daardie dokumente? Waarom word juis daardie dokumente bewaar en ander nie?
Hoekom is dit belangrik om alles te onthou? En – dalk – soms te vergeet?
Wie is die opsigters van ons gedeelde erfenis? Sien ons behoorlik om na hierdie skatte? Het Suid-Afrika genoeg ruimte om almal se artefakte veilig te stoor – en genoeg fondse vir landwye museums en versamelings?
Vertel ons jou storie of die storie van die UK-argief in slegs tien woorde.
Om jou te inspireer, het LitNet se Naomi Meyer en Izak de Vries – albei gepubliseerde prosaskrywers – voorbeelde uit die mou geskud:
In die vlamme sien hy: dis my pa se foto.
Wat weet jy van my storie? Die vuurhoutjie ontvlam. Vuurwerke.
Haar kers is geblus, hoeveel stories sou sy nog vertel?
Stuur jou inskrywing in enige variant van Afrikaans na vuur@litnet.co.za teen Donderdag 13 Mei 2021. Die weninskrywing ontvang R2 000, en twee naaswenners kry elk R1 000. ’n Derde prys van R500 word ook uitgeloof. Stuur soveel inskrywings as wat jy wil.
Hierdie kompetisie word aangebied met die ondersteuning van die Hiemstra Trust.
Kommentaar
Argiewe in koue as verval. Soos ons herkoms uitgebrand huil ©Patrys
Vlammesee verswelg, slaaf, vryburger en Khoi. Ramkie roep om hulp.
Die argief van my geheue....ń brand
- jy is weg.
Soos 'n vlam van vuur geblus, is haar gehoor verdoof.
Ewig roep die stilte. Geen vlam - geen klank ...
Ewig roep stilte - Dogter van gister, verloor gehoor in vlamme ...
Tussen vlam en vuur, vind ek jou in my hart.
Gryp jou onthou vas, want more kom dalk nie weer!
Wat was, is as. Digitaliseer, reproduseer, memoriseer nou. Maar wát?
Papier is verbrand, maar nie ál die woorde daarop nie.
Maak literatuur jou onthou, gelouter deur vuur tot suiwer goud.
Asvlokkies van uitverbrande Afrikaanshout val op droë vergiftigde US gronde.
Lesers se meester
letterkunde leesstof verdof
tot versmette sneuwelende stof
Heuwels vlammende verwoesting
Magte van skriftelike eeue letterkunde
gedagtes versneuwel
As ontmoet my aan die einde waaruit my onthou voortleef.
Sien met jou hart as jy gisters se as vashou.
Deur vuur vasgevang, is die gisters in my hart verguld.
Die onthou is in die harte ... nie op die papiere
Die bloed in jou are ... is die sweetdruppels van môre.
Wie jy is, bepaal die toekoms.
Vlammesee het jou weggevee. My alles, my anker ... net weg.
Soos as weggewaai, waai haar gedagtes terug na die verlede.
Vlamme speel lustig, boek karakters kwyn, mense staar hulpeloos, verslae.
woorde smelt weg
vure ongeblus
dagbreek versleg
moet mekaar sus
Ou Kliphardhart vol doodswoorde vat vonkelvonk van geloofsverlies tot skoonverlief.
Ou Kliphardhart vol doodswoorde vat vonkelvonk van geloofsverlies tot bloosverlief.
Ou Klipkerkhart vol doodswoorde vat vonkelvonk van geloofsverlies tot bloosverlief.
Van vlammetjie tot hellevuur ...
Is ons gekaap in die Kaap?
Vergifnis? Moet ek boonop jou bloedbevlekte hande salf met olie?
Kies Lewe, want Hoop groei uit die As van gister.
Deur die rooi vlammehel gloei die nuwe dag vol Hoop.
Kennis, fotos, op papier, verwoes, tog, in verstand, ewige argief
My hart is rou, ek treur nou, kennis ewig verlore.
Is dit jou vuur? My vuur? Nee, dis ons vuur...
Brandstigting is my fopspeen vandag
More gradueer ek Cum Laude...
Die vlamme lek aan my hede en vernietig my verlede.
Elke vlam se gloed bloei oor my hart soos bloed.
Daar was woorde,
vuur op tonge
en nou, net as.
Suidooster strooi die as van literatuur oor ons brandende puinhoop...
Die oue het verbygegaan. Kyk! Boeke is tot as verslaan.
Goeiedag. Mag ek vra of vuur@linet.co.za die korrekte e-posadres is vir hierdie kompetisie.
Hallo! Die korrekte adres vir die kompetisie, is: vuur@litnet.co.za. Groete, die LitNet-redaksie
Stories verander in as, soos ek alles mis wat was.
Koester jou onthou en niks is vir ewig, lewe nou!
Kweek waarde en respek anders is die As nie treurenswaardig.
Feite wat moes blom verlep soos alles in as verwaai.
Ek hou vas aan as en wens ek kon dit soos feite lees.
Die groot Bosch van Idees, uitgebrand deur die gatvas Taalbehouders.
Die Bittersoet van realiteit, allles is net vir ons geleen.
Als brand, man. Magma van haat, vuurspoeg-lawa van smaad.
Tussen jou en my vlam daar 'n wêreld vol onthou.
Vonke vernietig historiese Argief letterkunde
Storie berigte vonk massiewe grief
Pynlike verlies
Diep is my grief
Argief was my gerief
Die Rooi laat als vergaan, Máár - die siel bly staan...
Dit kos méér as vuur om jou koekiekrummels te veras.
Vreesloos vir vlamme..
Beheerde brandbestryders verlam die bose brande...
Roet-spore volg na vonk-hel ....
Vuur beskadig één van Woord se lewens-ankers - die res onaangeraak.
'n Ryk, Slim gister .... 'n Warm vandag.... Geskiedenis môre
Wat bring vlamme jou? Inligting in as.
Vlam vreet jou vindingrykheid.
Jou beloning: Stank vir dank
Hoewel die vlamme verander in as, geskiedenis bly ongeblus.
Letterkunde Argief gebou ...
In swart rook smart omvou ...
Roudiens behou
Sterk winde waai...
Vlamme draai...
Argief word in vlamme gelaai...
Literatuur erfenis...
Innige meegevoel in stilte van sterfenis...
Gevoelenis neergelè...
Herinneringe wat vuur nie blus, word vernuwe in Litnet argiewe
Blus vure van gister met die skatte van jou geheue
Ontvlam waardes van bewaring tot 'n twede hartklop vir oorlewing
Haar geheu ń veldbrand. Argivaris argieveer, afwesig, atrofies. Wispelturige herroep.
Blindgestaar teen enorme vernieting, vernuwe jou visie vir nuwe perspektief.
Literatuur erfenis..
Innige meegevoel...
Sterftenis in stilte neergelê
Argief se skiedkundige hardeband boeke, is verbrand soos verbrande roosterkoeke.