
LitNet het 988 inskrywings ontvang vir die Vuur in die argief-kompetisie. Dit is vir die redaksie ’n groot plesier om die weninskrywings aan te kondig.
Eerste prys (R2 000):
Chanel Morgan:
Vuur op my tong, maar honderde wagte voor my mond.
Naaswenners (R1 000 elk):
Jan Schaafsma:
Koolswart krul die bladsy om. Laastens, net-net vlamverlig sigbaar: E=mc2.
Karin Walker:
|Xam trap haar spoortjies lig;
spoke dans in die as
Derde prys (R500):
Wilken Calitz:
“Duiwel! Wa’s my tonteldoos?” bulder van Hunks deur die rook.
Baie geluk aan die wenners, en dankie aan almal wat deelgeneem het. LitNet sal met die wenners in verbinding tree om reëlings te tref vir die uitbetaling van prysgeld.
Hierdie kompetisie is aangebied met die ondersteuning van die Hiemstra Trust.


Kommentaar
Baie geluk aan die waardige wenners en dankie aan LitNet vir die geleentheid om deel te neem.
Veels geluk aan die wenners, welgedaan.
Baie geluk aan die wenners. Julle het gewys hoe om met 10 woorde te toor.
Dankie Litnet. Die geleentheid het vir groot pret gesorg.
Fantasties, nog nie een gelees nie, maar sien opgewonde daarna uit om die verhale onder my oë te kry.
Geluk!