LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen

  • 11

Hierdie kompetisie het gesluit. Die wenners word hier aangekondig.

Hoërskoolleerders wat nie bang is om hul breine te slyp nie, kan R3 000 wen met LitNet se Skole-skryfkompetisie, aangebied in samewerking met Fanie Viljoen.

Twee pryse van R3 000 elk word toegeken in twee kategorieë: graad 8–9 en graad 10–12. Penguin Random House skenk ook vyf boeke aan die wenners in elke kategorie.

In hierdie video verduidelik Fanie Viljoen hoe jy kan deelneem. Fanie gee ook wenke oor hoe om jou skryfwerk eksie-perfeksie te kry.

Kyk nou na hierdie YouTube-video en skryf jou indrukke en gewaarwordinge neer in maksimum 200 woorde.

Stuur ’n e-pos met die onderwerp Slyp jou brein na skryfmetfanie@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Die graad waarin jy is en jou skool se naam
  • Jou posadres en telefoonnommer
  • Jou skryfstuk (in die e-pos self of in ’n afsonderlike Word-dokument aangeheg).

Die kompetisie word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Hiemstra Trust en Penguin Random House SA.

Reëls:

  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Jou inskrywing moet in die prosavorm wees (geen gedigte nie).
  • Verskaf ’n oorspronklike titel vir jou stuk.
  • Die vyf beste inskrywings in elke kategorie sal op LitNet gepubliseer word.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Jou inskrywing kan in enige variant van Afrikaans wees.
  • Inskrywings mag nie langer as 200 woorde wees nie.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is Vrydag 16 Julie 2021.
  • 11

Kommentaar

  • Hi. Mag die leerder oor enige onderwerp skryf of hieroor:

    "Kyk nou na hierdie YouTube-video en skryf jou indrukke en gewaarwordinge neer in maksimum 200 woorde."

  • Hallo Lawrence, leerders moet hul indrukke en gewaarwordinge neerskryf nadat hulle die video gekyk het. Let asb. daarop dat die kompetisie se sluitingsdatum na Vrydag 16 Julie 2021 aangeskuif het.

    • Beste Johan, alle skryfstukke wat LitNet bereik het, het 'n ontvangserkenning gekry. As jy 'n inskrywing gestuur het en nie 'n ontvangserkenning gekry het nie, stuur asseblief jou inskrywing weer na skryfmetfanie@litnet.co.za

    • Hallo! Die kompetisie word nou beoordeel. Ons laat weet teen die einde van die week die opwindende nuus! Groete, die LitNet-redaksie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top