Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Ashwin Willemse: nog is het einde niet?
2018-06-21"Willemse se keuse om nie deel te neem aan die proses nie word nou uit alle oorde gekritiseer. Dit beteken hy’t goed geweet hy het nie 'n saak nie, word gesê. Maar is dit regtig so eenvoudig?"
Wit bevoorregting as beskerming vir swart mense?
2018-06-14"As ons as vroue nie eens onder mekaar respek kan betoon nie, hoe verwag ons om mans te oortuig om ons te respekteer?"
Mmusi, ou pel, jy beter jou perde pad toe trek
2018-06-11"Heel eerste probleem: pleks van uitwerk wie julle is en daarvolgens campaign, het julle campaigns nog altyd gegaan oor wie en wat julle nie is nie."
Die vermiste prentjie
2018-05-31"Maar hoe amputeer jy ’n gebroke siel? Hoe behandel jy ’n wond van die psige, wat onsigbaar is? Hoe speel die onbehandelde trauma uit in die oorlewende se latere lewe, in hul intieme verhoudings, in magsverhoudings by die werk, in stresvolle situasies?"
“Met kroes krulle gan ek nêrens!”
2018-05-24"But hoe relate dié dinge trug na hare toe en hoe kallidvroumense nog steeds hulle kroes krulle afstaan, al maakit hulle hoe siek of arm?"
#OnsisAshwin – of is ons?
2018-05-22"In ’n samelewing wat absoluut gelyk is, waar almal gelyke geleenthede het, waar almal van dieselfde beginpunt wegspring, is regstellende aksie onnodig. Ons lewe nie in so ’n samelewing nie."
“Huis, paleis, pandok, sinkhok, varkhok”
2018-05-17"Wie se grond is dit wat nou moet trug gegie wôd? En wat is die implikasies van dit? Hoe gannie gawement measure wie moet grond kry en wie nie?"
Die DA-De Lille egskeiding: wat gaan dit ons kos?
2018-05-15"De Lille se tyd in die DA is oor. Sy weet dit, hulle weet dit, ons weet dit. Al wat nou oorbly, is om te kyk wat bly staan wanneer die stof gaan lê."
#MeToo, #TimesUp ... en die Nobel-literatuurprys duik in die hek
2018-05-14"Die prestige van die Nobelprys, die legitimiteit van een van die belangrikste pryse in die wêreld, is in die gedrang omdat een man nie sy drange kon of wou beheer nie. Die waarskuwing vir ander instellings, ongeag grootte of mag? #TimesUp."
Hoe veilig is ons bejaardes?
2018-05-08"Laat ons ouer mense toe om so lank as moontlik deel te wees van die aktiewe bevolking. Maak hulle mentors, en vergoed hulle daarvoor."
Vryheidsdag 2018: Hoe vry is ons regtig?
2018-04-26"Vier-en-twintig jaar na demokrasie, en die oorgrote meerderheid mense wag steeds vir Projek Vryheid om te lanseer."
AfriForum: EFF lede-werwers par excellence
2018-04-24"As hulle gedink het Malema gaan bewend ineenstort, sit hulle die pot ver mis. Inteendeel, hulle het waarskynlik die enkele grootste ding gedoen wat hulle kon om Malema se verkiesingsveldtog op ’n hoë noot af te skop."
Winnie Mandela se dood ontbloot ons almal se donker kant
2018-04-19"Skielik staan ons as Suid-Afrikaners nakend voor die spieël en ons onthou apartheid se donker kant."
Vroue en dubbele standaarde in 2018
2018-04-13"Daar is nog steeds ’n dubbele standaard, waar dit op vele subtiele maniere duidelik gemaak word dat daar aan vroue se werk nie dieselfde waarde geheg word as aan manlike arbeid nie."
Strafoplegging vir dummies
2018-04-11"In feitlik elke ander geval, veral by jeugdiges, het direkte gevangenisstraf net daartoe gelei dat hulle ’n opleidingsentrum vir erger misdade binnegaan. Tronke maak mense nie beter nie."
Aan wie behoort die woorde?
2018-04-10"Dit is waarom ons in ’n land soos Suid-Afrika soveel tyd daaraan spandeer om te baklei oor woorde – hoe hulle gedefinieer moet word, waarna hulle verwys, wie hulle mag gebruik."
Twee jaar vir die k-woord
2018-03-29"Ek erken ruiterlik, ek was verstom dat sy direkte gevangenisstraf opgelê was. In hierdie land waar die lewe goedkoop is, waar rowers loskom en moordenaars beswaarlik ’n nag agter tralies deurbring, word iemand tronk toe gestuur vir crimen iniuria? Haibo."
Grondonteiening: ’n ander perspektief
2018-03-26"Daar bestaan alreeds voorsiening in die Grondwet dat grond onteien kan word sonder vergoeding. Daar was nie enige mosie nodig om aan die parlement die mag te gee om grond te onteien nie; hulle het dit alreeds."
H2O
2018-03-22"Dit maak my senuweeagtig wanneer Oumie van Voorheen praat. Sy sê ons verdien om te weet wat ons verloor het. Voorheen. Voorheen, toe sy nog ’n klein dogtertjie was, was daar water sover as die oog kon sien." Bettina Wyngaard skryf 'n apokaliptiese verhaal oor die waterkrisis.
