Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Die mag en waarde van simbole
2018-03-20"Dis nie die klere self, of die vlag self, wat mag besit nie. Dis die lens waardeur ons dit bejeën wat daaraan mag verleen."
Vandag gaan ek ’n klomp mense kwaad maak
2018-03-15"Hulle doen presies wat die beroemde Wiepie al die jare na bewering gedoen het: hulle gooi die bal rond, geniet hulle rugby, vat kanse op die aanval, plaas hulle lywe op die spel op verdediging en skrum die water uit hulle teenstanders. Hulle onthou hoekom hulle as dertienjariges verlief was op die spel."
“Ongehoord”-reeks broodnodige diskoers
2018-03-13"Hoekom 'Ongehoord'? Want die Diskoers-reeks soos wat dit tot nou toe aangebied was, stel nie vroue spesifiek en doelbewus aan die woord nie, en dit stel nie vroue se belange en perspektiewe voorop nie. Dit klink eenvoudig, dit klink voor die hand liggend, maar dit het tot 2018 geneem vir iemand om dit deur te voer."
Daar is ’n byt in die lug van die Cyril Lente
2018-03-07"Kritiek teen Cyril word nie geduld nie. Gee vir Cyril kans, verandering vat tyd, sê hulle. Moenie negatief wees nie, kyk hoeveel het hy al vermag in ’n kort tyd, brom hulle. Hy’t ons van Zuma gered, moenie krap nie, pleit hulle."
Om te twyfel
2018-03-05"Eerder as om te onderskei tussen regte en verkeerde antwoorde op vrae, wetenskaplike teenoor kwasiwetenskaplike oplossings, wil ek wonder oor die vrae wat ons vra – waar hulle vandaan kom, wie hulle vra, en in wie se belang hulle, wetenskaplik sowel as kwasiwetenskaplik, gevra en beantwoord word."
#SendMe, maar waarnatoe?
2018-03-01"Doen beter, asseblief? Wys ons ons kan jou trust. Nou, voor die verkiesing. My trust strek nie so ver dat ek bereid is om op geloof, hoop en liefde my kruisie te maak nie. En ek wil rêrig graag van hierdie honeymoon ’n sukses maak."
Genoeg is genoeg
2018-02-14"Iewers moet ons ’n streep in die sand trek. Iewers moet ons besef die enigste persone wat ons samelewing kan verander, is ons. Ons is dit verskuldig aan die lang lyn slagoffers van misdaad. Meer as dit, ons is dit verskuldig aan onsself."
Die heroes van Dag Zero
2018-02-13"Hoekô praat niemand oorie feit dat die hele wêreld biesag is om warmer te wôd ennie drinkbare water biesag is om skaarser te wôtie? OK, ek wiet mos nou daa is baie mense, hoge mense wat praat oo die global warming stukkie, maa die mense oppie grond vat dittie kop toe nie, wan dis noggie 'Nuus' ie. Nou wanne gannit dan nuus raak?"
Orania, koeksisters en ek
2018-02-07"Wat my egter die meeste bybly van die besoek aan Orania is nie koeksisters nie. Baie van my vooropgestelde idees is op hulle kop gekeer."
Tjaila-tyd vir Zuma se span: hoe lyk dit?
2018-01-30"Waar die Zuma-verbintenis voorheen deure wyd laat oopswaai het, begin hulle toenemend vind dat daai selfde verbintenis nou deure in hulle gesigte laat toeklap."
Waar is ons helde?
2018-01-24"Waar is die Suid-Afrikaners wat bereid is om die status quo van suurstof te ontneem? Waar is die Suid-Afrikaners wat bereid is om die regte ding te doen?"
Cyril vs Jacob ronde 1
2018-01-12"Dié wat gemeen het Cyril gaan sy troefkaart reg aan die begin speel deur die kwessie van Zuma se herroeping te opper en tot ’n stem te dwing, is vandag diep teleurgesteld."
#TimesUp
2018-01-09"Aktrises en modelle (en Oprah) begin strategieë uitwerk met aktiviste om ’n daadwerklike verskil te maak aan die kwessies wat saak maak."
Tussen die "beste" en die "slegste" in Suid-Afrika
2018-01-08"Gevolglik het ekonome en die mark baie goed op die verkiesing van Ramaphosa gereageer."
Die SAKP en Blade Nzimande
2017-12-20"Die SAKP, wat soos ’n parasiet op die rug van die ANC ry, het onlangs uiteindelik hul dreigement uitgevoer dat hulle in die toekoms op hul eie aan verkiesings gaan deelneem."
2017 in die truspieël
2017-12-18"2017 was ’n jaar van kontraste, ’n jaar waarin beide die absoluut beste en slegste in mense na vore gebring is."
Op die Rand van die afgrond
2017-12-13"Wat duidelik is, is dat die ekonomiese groei laer is as die bevolkingsgroei. Dit beteken as ’n land word ons elke jaar armer."
Flakka, die Big Days en Bitcoin
2017-12-12"Parties, niewe klere – Krismisklere – en braaivleis en dop, en fireworks, en armed robberies, en alles wat mal is, en swimming pools, en Krismiskaarte, en cheap Krismisboeme, en cheap Krismisprêsens onnerie cheap boem, en maer Vade Krismisse byrie malls. Dis al wee daai tyd, mense."
Krisis in ons opvoedingstelsel
2017-12-08"Tensy daar daadwerklike en drastiese verbeteringe gebeur aan die manier waarop ons kinders onderrig word, gaan ons binne die volgende dekade of twee ’n ongeletterde generasie volwassenes op hande hê."
Sewes
2017-12-06"Ek kan nie help om te glo dat Neil Powell in sy lewe nog nooit ’n sewesspan met rassekwotas in sy agterkop gekies het nie. Hy het gewoon die beste span vir elke wedstryd of toernooi gekies."
