Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Ramaphosa en die “dirty tricks campaign”
2017-09-05"Ramaphosa is naïef as hy dink negatiewe beriggewing gaan nie sy kanse beïnvloed nie. Joernaliste is naïef as hulle dink die keuse wat hulle maak in hoe hulle berigte verpak, het geen invloed op die uitkomste van verkiesings nie."
BoekeJol: Die voel-goed-Dawid tussen die Goliat-feeste
2017-08-24"Boekejol is die tipe fees wat verdien om goed ondersteun te word. Wat gehalte en verskeidenheid betref, staan hulle beslis vir geen ander fees terug nie."
Die dag toe die ANC die Kool-Aid gedrink het
2017-08-14"Wat agt jaar gelede ondenkbaar was, is nou feitlik onafwendbaar. Indien die ANC die volgende algemene verkiesing wen, wat glad nie verseker is nie, sal hulle waarskynlik in koalisie moet gaan."
8/8/8: ’n Epog vir die nuwe Nuwe Suid-Afrika?
2017-08-08"Die syfer 8 is die aankondiger van ’n begin, iets nuuts wat gebeur. En op die agste dag van die agste maand word die agste mosie van wantroue in die Gekaapte-in-chief, Zuma, aangehoor."
Swart-op-swart rassisme: steeds ’n taboe onderwerp
2017-08-07"As ’n nasie het ons geleer om rassisme te ontbloot waar ons dit ook al mag vind. Maar selfs nou nog is daar een taboe waaroor ons nie praat nie: swart-op-swart rassisme. Ons wys baie vinnig wit-op-swart rassisme uit."
Vier en beloon ons middelmatigheid ten koste van vooruitgang?
2017-07-28"Ons is ’n land met talentvolle, belowende jongmense. Hulle wil leer. Hulle wil vorentoe gaan. Dit het tyd geword dat politici padgee uit opvoeding, en opvoeders toelaat om op te voed."
Makhosi Khoza vir president?
2017-07-21"Ons vergeet dat die mense wat nou in beheer van die land is, dikwels geweldige sielkundige letsels het as gevolg van dinge wat in exile gebeur het."
Benodig: ’n gesaghebbende presidensiële woordvoerder
2017-07-17"Om dinge nog erger te maak stel politici woordvoerders aan wat min of niks van die media weet nie. Om ’n graad in joernalistiek, kommunikasie of openbare betrekkinge te hê beteken nie jy verstaan die daaglikse werkswyse van die media nie."
Die openbare beskermer: een jaar later
2017-07-12"Nou, meer as verlede jaar hierdie tyd, balanseer die siel van ons reënboognasie op ’n mespunt. Die teenwigte, die beskermingsmeganismes om vergrype, korrupte praktyke en immorele leierskap teen te werk, word al vinniger weggekalf."
Seksskandale in die Rooms-Katolieke Kerk
2017-07-06"Geen ander kerk, en geen ander instelling wat met jongmense werk, het ’n vergelykbare rekord met betrekking tot seksuele misdrywe teen jeugdiges nie. Wat dit vererger, is die wyse waarop die kerk dit konstant, oor jare, probeer toesmeer het."
Sosialisme en die ANC
2017-07-05“Die ANC se siel blyk ideologies en organisatories uitgehol te wees wat die funksionaliteit van dié organisasie oorhoofs lamlê en sy voortbestaan bedreig.”
Die onskuld van Suid-Afrika se jeug
2017-06-27"Ons jongmense glo aan ’n demokrasie. Hulle glo dat veranderinge met die maak van ’n kruisie teweeggebring kan word. Selfs terwyl hulle ontnugter is deur hierdie spesifieke regering, is daar nog steeds geloof in die konsep van ’n regering."
Dis mos tante Eva se skuld innie Bybel, maa wat van oem Adam?
2017-06-21“En dis ôs amal se plig om dit te maak stop! Soe as djy ken van ’n oem Adam, of djy sien of hoo van oem Adam ennie goed wat hy doen, niem aksie. Al is dit jou pa of jou man, offie pries, dit maakie saakie.”
Politieke aspoestertjies
2017-06-20"Die politiek is uiters deurmekaar en vloeibaar, omdat politieke aspoestertjies soos Jacob Zuma, Mmusi Maimane en Helen Zille onder toenemende politieke beleg verkeer."
Zille-gate: Die EFF sê dankie
2017-06-19"Die verkiesing is effektief op ’n silwerskinkbord aan die EFF gegee."
Doodstraf
2017-06-12"Wil ons regtig die staat die mag gee om ’n einde aan ons lewens te bring? Vertrou ons die staat so ver, veral in lig van die wyse waarop staatsorgane hul mag misbruik?"
Luiste-’n-slag-dag
2017-06-06"Soes ek daai oggend op daai stasie gestaan het, het ek gedink an daai vrou wat onner daai trein se wiele gelê het. Ek het gewonner oo haa storie en hoekô sy besluit het om te spring. Ek het gewonne hoekô sy nie wee proebee hettie."
ANC se skuimrubbertande ontbloot?
2017-06-02"Mense is nie dom nie. Dit neem nie ’n groot sprong om af te lei dat radikale ekonomiese transformasie in hierdie geval ten koste van die armes gebeur nie."
Die oorlog teen vroue
2017-05-31"Vir te lank is mans die boodskap gegee dat vroueliggame maar die setel en uitlaatklep vir hul woede kan wees, dat daar geen gevolge vir hulle sal wees nie."
Zuptastan: hof of stembus?
2017-05-23"Ons kan nie op die howe steun om oplossings te vind vir politieke probleme nie. Ons politici en ons kiesers moet dit doen – met elke tussenverkiesing, met elke protesoptog en uiteindelik met die nasionale verkiesing in 2019."
