Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Ons: Standpunte van annerkant die treinspoor: Wyngaard omseil omstrede kwessies

Jason Lloyd 2011-06-08 In sy bundel rubrieke skryf Heindrich Wyngaard veral oor “kwessies wat hul bestaan in die bruin gemeenskap het of wat bruin mense in die eerste instansie raak”, dus oor die kompleksiteit van (bruin) Afrikaanssprekendheid in ’n postapartheid-Suid-Afrika.

Verander die kiesstelsel

Jason Lloyd 2011-06-01 Die herskikking van die politiek in die nabye toekoms is te ver en daarom lê dit nie opgesluit in die versterking van die (reeds) flou opposisiepartye nie, maar eerder in die diepgaande herbesinning en verandering van die ...

’n Swart taal is ’n gulde geleentheid

2011-04-14 ’n Swart student in haar vierde jaar kom die afgelope week na my toe met ’n eenvoudige versoek: “Dok, kan jy my asseblief help om Afrikaans aan te leer? Die taal is so mooi, en ek voel dit sal ’n bate ...

Tyd is ’n tuimeldroër

Deborah Steinmair 2011-04-12 Toe ek baie jonk was, het ek vir ’n Amerikaanse sielkundige gewerk wat motiveringskursusse by sake-ondernemings aangebied het. Volgens dr Cook was die grootste gaping tussen die Eerste en Derde Wêreld hul persepsies ...

Hoe vier ons Jeugdag? Watter boodskap gee ons aan die jeug?

Michael le Cordeur Menings 2011-03-22

Ons het so pas Menseregtedag gevier en dis binnekort weer tyd om Jeugdag te vier. Maar die jeug het steeds geen basiese menseregte nie en Jeugdag is vandag een van die mees verdelende dae op ons kalender.

Jaap Mossie en die drinkebroers

Deborah Steinmair 2011-03-10 Toe ek ’n kind was, het ek alles gelees wat stilstaan. Elke geskrewe woord het my diep beïndruk, selfs die waarskuwing op blikkies lugverfrisser: Inhoud onder druk, moenie prik of verbrand nie, ensovoorts. Ek het elke ...

Ek is (ook) 'n Afrikaan: Is Suid-Afrika 'n tuiste vir almal?

2011-03-09 Die onlangse debat oor rassisme na aanleiding van Annelie Botes se gewraakte woorde, “Ek hou nie van swart mense nie”, asook Jimmy Manyi se rassistiese opmerking dat daar ’n oorkonsentrasie van bruin mense in die Wes-Kaap is, het ...

Om afgegooi te word

Deborah Steinmair 2011-02-16 My eerste liefde was ’n probleemperd. Sy vaar en moer was skouperde, maar iets het skeefgeloop by sy geboorte. Tellstar het ’n paar skroewe los gehad. As hy ’n kar was, sou ’n mens sê daar was ’n klopgeluid in die ...

Wellington se klopse: die bes-bewaarde geheim in Suid-Afrika

Michael le Cordeur 2011-02-09 Dis 1 Januarie 2011. Ten spyte van die reën heers daar afwagting in die Boland Rugbystadion op die koms van die Wellingtonse klopse vir die jaarlikse Klopse-kompetisie. Die reën is ongewoon vir dié tyd van die jaar. Dit het reeds ...

Moedertaalonderrig bevorder leerderprestasie en kulturele diversiteit

2011-01-18 Met die afskaffing van apartheid het die nuwe regering die edele beginsel van ’n veeltaligheidsbeleid aanvaar wat erkenning aan 11 amptelike tale gegee het.

As 'n kind nie kan lees nie

Michael le Cordeur Academic research 2010-10-19

“Dit mag mos nie wees nie. Hoe het die kind op die hoërskool gekom?” My seun, wat sy ma help met die opstelpunte van haar graad 8-leerders, is sigbaar ontsteld. My vrou, soos ek ’n Afrikaans-onderwyser in murg en been, gee een ...

Wat Suid-Afrika by Pole kan leer, en wat nie

Michael le Cordeur 2010-09-29 Warsawa is ’n moderne wêreldstad – terloops, die naam is nie Warsaw (Engels) of Warskou (Afrikaans) nie. Skou, oftewel beskou, soos in het gesien oftewel saw is ver verwyderd van die oorspronklike betekenis. Volgens die dosente by ...

Gesoek: vakature vir 'n waagarties

Deborah Steinmair 2010-09-02 Sekere vrae hou my snags wakker, soos: Hoekom is ek gebore met ’n hunkering na die sirkus? Gister het, vandat ek my oë oopgemaak het, skeefgeloop. O, nie op subtiele maniere nie; ek praat van growwe slapstick: slak wat onder my kaal ...

Tyd om 'n doel te skop in elke skool

2010-08-10 Dis Vrydagmiddag skuins na drie. Ek sit voor my rekenaar en skryf. Ek is grieperig en moes op doktersorders binnenshuis bly. Êrens klink die gejuig op van ’n uitbundige skare. ’n Paar vuvuzelas se nou al aanvaarbare geblêr ...

Hoe om skouspelagtig gesig te verloor

Deborah Steinmair 2010-06-29 Ek wou so graag kompromisloos leef. Ek wou nooit ooit gesig verloor nie. Ek wou soos Clint Eastwood elke dag met bad hair en skreefgeslaapte oë moerig tuur van agter die loop van ’n afgesaagde haelgeweer en verby die kougompie in my ...

Die wêreldwye hoekie vir eensames

Deborah Steinmair 2010-05-10 Kuber klink altyd vir my na ’n mengsel van koors en fever. Ek sien ’n ontheemde, bleek landskap met ’n laning koorsbome wat lei na nêrens. Dis ruim, amper so wyd soos die Heer se genade, maar minder toeganklik. Die portale ...

Sal iemand asseblief die klank afskakel?

Deborah Steinmair 2010-04-06 Is dit net ek, of hunker jy ook soms na ’n beter klankbaan? Die hele wêreld is ’n poppekas en ons dans so na aan die rand as wat ons toutjies toelaat. Die backdrop is dromerig (Tafelberg, mynhoop, stadskap of duin), die ...

O koek, is ek ooit outentiek?

Deborah Steinmair 2010-03-23 Sal die regte Zef asseblief opstaan? Maar wie weet wat is die regte ding? Party mense voel bitter slim en sinies wanneer hulle opmerk dat ’n groep soos Die Antwoord fake is, omdat Ninja en Yo-landi Vi$$er nie regtig in ’n ...

Sy vel was donker, sy broers s'n lig

Jason Lloyd, Jason Lloyd 2010-03-18 Die droewige verhaal van Sandra Laing, wie se biologiese ouers albei wit was, wat ingevolge apartheidswetgewing as “Kleurling” geherklassifiseer was omdat sy ’n “donker vel” en “kroes hare” het, behoort ...

The gospel according to Fratsgolf

Deborah Steinmair 2010-02-23 Waarskuwing: Wat hier volg, is eensydig. Ek kan net deur een kant van die teleskoop kyk. Ek skryf omdat ek wil sin maak. Dis hopeloos romanties om jouself as avatar te beskou, ’n besoeker verdwaal in die verkeerde sonnestelsel wat lomperig in ...
Top