Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Godsdiens binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse wetgewing
2017-05-15"Die feit dat daar, sover my kennis strek, geen klagtes gebring is ná die Wilde Als-byeenkoms nie, is dalk die duidelikste aanduider dat selfs die kritici weet hulle kritiek sal nie objektief staande bly nie. Daar is immers ’n reuseverskil tussen dogma waarmee jy nie saamstem nie, en haatspraak."
’n Wens vir winter
2017-05-10"En dis wee daai tyd, tyd virrie Kaap se koue om ’n draai te kom maak. Die gawement speculate oorie water wattie winterseisoen gaan bring en baie van ôs is gewarried oorie water wat ôs wee moet in slaap."
Verkiesing 2019: ver van ’n uitgemaakte saak
2017-05-08"So onlangs as drie jaar gelede sou dit byna heiligskennis gewees het om te wonder of die ANC nog na 2019 sal regeer. Nou is die vraag nie meer of die ANC sal regeer nie, maar wie gaan oorneem."
Persvryheid en dreigemente teen ANN7-joernaliste
2017-05-03"Die oomblik as inligting nie vryelik beskikbaar is nie, word basiese menseregte geskend."
Vir wie stem bruinmense nou?
2017-04-25"Die verkiesing van Bonginkosi Madikizela as waarnemende Wes-Kaapse DA-leier verteenwoordig, so hoop ek, die einde van bruin/kleurling-politiek soos ons dit voor en na 1994 geken het."
Is dit tyd?
2017-04-24"Dis vreemd dat mense wat bereid is om aan optogte deel te neem om presies dieselfde oogmerk te bereik as Buchan, hom kritiseer vir die wyse waarop hy werk."
Suid-Afrika sê dankie, Msholozi
2017-04-07"Meer as een kommentator het Zuma se bewind vergelyk met ’n huwelik waar geweld en misbruik aan die orde van die dag is. Op 7 April het gewone Suid-Afrikaners hul voorneme om ’n egskeidingsbevel te verkry, aangekondig."
Rommelstatus en die politieke wildernis vorentoe
2017-04-04"Hou voorts in gedagte dat selfs al is Zuma dan nie meer president van die land nie, hy nog steeds president van die ANC is ..." Bettina Wyngaard oor rommelstatus en die moontlike mosie van wantroue in die president.
Waar sou ons wees sonder kolonialisme, Helen?
2017-04-03"Sy neem aan dat Afrika, en die inheemse stamme, ’n tabula rasa was, ’n skoon lei wat net gewag het vir koloniale goedgunstigheid om ons ongevormde klompe te kom skep."
Is Guptastan nou amptelik?
2017-03-31"Zuma het nou gewys dat die partypolitieke strukture, en die befaamde dissipline waaraan kamerade hulle moet onderwerp, nie meer op hom van toepassing is nie. Hy het nou groter geword as die party."
Hoekom ras en geslag saak maak in die Spur-voorval
2017-03-24"As ons regtig erns bedoel daarmee om ’n gesonde samelewing te bou, dan moet alle geweld teenoor vroue en kinders verwerp word. Sonder uitsondering. Sonder verskoning. Sonder verontskuldigings."
SASSA – ’n krisis met 12 maande uitgestel?
2017-03-17"Die situasie met die uitbetaling van staatstoelaes word met reg ’n grondwetlike krisis genoem. Daar is ’n grondwetlike verpligting op SASSA om te voorsien in die behoeftes van die armes."
Behuisingsprotes; wat sneuwel volgende?
2017-03-16"Mense is desperaat. Hulle sien hoedat eerlikheid en geduld hulle nêrens bring nie. Hulle sien hoedat respek vir die owerhede teen hulle gebruik word. Hulle sien hoedat amptenare hulle regte misken, en die sisteem ter selfverryking gebruik."
Regsalmanak: Sandverkope – inkomste of kapitaalwins?
2017-03-08"Dit spreek vanself dat as die sand eenmaal van die plaas af verwyder is, dit op geen manier aangevul kan word nie en dat die voortdurende verwydering van sand van die plaas af klaarblyklik die waarde daarvan verminder."
Die internasionale vrouestaking
2017-03-08"8 Maart is Internasionale Vrouedag. Hierdie jaar, hoop organiseerders, gaan dit ook die dag wees waarop vroue dwarsoor die wêreld gaan staak. Alle vroue is veronderstel om hulle te weerhou van enige werk, betaald of onbetaald, in die tuiste of buite die tuiste."
Xenofobiese aanvalle: vrees of haat?
2017-03-03"Dis nie maklik om in ’n vreemde land aan te pas nie. Die mense praat vreemde tale. Hulle gebruik idiome wat jy nie verstaan nie. Hulle eetgewoontes is anders. Hulle kultuur is anders. Dinge wat in jou kultuur aanvaarbaar is, is nou skielik onvanpas."
Die sosiale kontrak en korrupte herders
2017-02-27"Hoe maak ons met ’n regering wat nie sy deel van die sosiale kontrak nakom nie?"
Oor Mathews Phosa se Damaskus-oomblik
2017-02-21"Mathews Phosa, en ander senior lede binne die ANC, begin besef dat hulle veel meer te verloor het as Zuma se korttermynguns. Hulle kan beheer oor die land verloor. Dan is die morele rugmurg wat hulle nou skielik ontdek het, te verstane. Dit gaan nie om die burgers nie. Dit gaan nie eers regtig om die ANC en hulle ryke tradisie nie. Dis ’n politiese spel om selfbehoud."
Pandemonium in die parlement se besoekersgalery: multis cum lacrimis (overgeset synde: “met die vloei van baie trane”)
2017-02-16"Kort nadat die EFF-lede uitgeboender is, het pandemonium op die openbare galery ontstaan nadat vermoedelik pepersproei (of was dit traangas?) daar gespuit is."
Die kring van spotters
2017-02-14"Ek het nooit gedink aan Monopoly in soe ’n way nie, wan daa is mos net grond, daa issie mense nie. Is net djy, met jou reënboog-coloured geld, die anne spelers wie djy moet beat, die bank ennie eiendom wat djy moet koep."
