Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Tjaila-tyd vir Zuma se span: hoe lyk dit?
2018-01-30"Waar die Zuma-verbintenis voorheen deure wyd laat oopswaai het, begin hulle toenemend vind dat daai selfde verbintenis nou deure in hulle gesigte laat toeklap."
Waar is ons helde?
2018-01-24"Waar is die Suid-Afrikaners wat bereid is om die status quo van suurstof te ontneem? Waar is die Suid-Afrikaners wat bereid is om die regte ding te doen?"
Cyril vs Jacob ronde 1
2018-01-12"Dié wat gemeen het Cyril gaan sy troefkaart reg aan die begin speel deur die kwessie van Zuma se herroeping te opper en tot ’n stem te dwing, is vandag diep teleurgesteld."
#TimesUp
2018-01-09"Aktrises en modelle (en Oprah) begin strategieë uitwerk met aktiviste om ’n daadwerklike verskil te maak aan die kwessies wat saak maak."
Tussen die "beste" en die "slegste" in Suid-Afrika
2018-01-08"Gevolglik het ekonome en die mark baie goed op die verkiesing van Ramaphosa gereageer."
Die SAKP en Blade Nzimande
2017-12-20"Die SAKP, wat soos ’n parasiet op die rug van die ANC ry, het onlangs uiteindelik hul dreigement uitgevoer dat hulle in die toekoms op hul eie aan verkiesings gaan deelneem."
2017 in die truspieël
2017-12-18"2017 was ’n jaar van kontraste, ’n jaar waarin beide die absoluut beste en slegste in mense na vore gebring is."
Op die Rand van die afgrond
2017-12-13"Wat duidelik is, is dat die ekonomiese groei laer is as die bevolkingsgroei. Dit beteken as ’n land word ons elke jaar armer."
Flakka, die Big Days en Bitcoin
2017-12-12"Parties, niewe klere – Krismisklere – en braaivleis en dop, en fireworks, en armed robberies, en alles wat mal is, en swimming pools, en Krismiskaarte, en cheap Krismisboeme, en cheap Krismisprêsens onnerie cheap boem, en maer Vade Krismisse byrie malls. Dis al wee daai tyd, mense."
Krisis in ons opvoedingstelsel
2017-12-08"Tensy daar daadwerklike en drastiese verbeteringe gebeur aan die manier waarop ons kinders onderrig word, gaan ons binne die volgende dekade of twee ’n ongeletterde generasie volwassenes op hande hê."
Sewes
2017-12-06"Ek kan nie help om te glo dat Neil Powell in sy lewe nog nooit ’n sewesspan met rassekwotas in sy agterkop gekies het nie. Hy het gewoon die beste span vir elke wedstryd of toernooi gekies."
#NotOurLeaders en die 16 dae van aktivisme
2017-12-01"Hoekom word vermaaklikheidsterre aan ’n hoër standaard gemeet as ons verkose amptenare?"
Daar’s Mugabe, en dan is daar Zuma ...
2017-11-24"Mugabe se einde het baie Suid-Afrikaners met valse hoop na ons eie situasie laat kyk."
Kô lat ôs praat
2017-11-16"Praat wêk altyd! As djy vi Malema of Zuma volg en djy wiet die bra is vekeert, praat sam jou kaders. Die ding is dié: amal sienie die punt altytie. Hulle is soe veblind deurie haat en wrok wat hulle dra, dat hulle net plek soek om dit iewers of op iemand uit te haal."
Wink rommelstatus vir ons?
2017-11-15"In Suid-Afrika sit ons met leunstoelekonome wat reken dat as die rand val, ons dit net weer kan optel."
Brief aan Gigaba oor die voorgestelde kommissie oor belasting
2017-11-10"Want sien, Malusi, dis nie die tax morality wat verswak het nie. Dis die vertroue in die government om ons geld met integriteit aan te wend vir die doel waarvoor dit bedoel is, wat gone is."
#SwartMaandag: tragedie of volksmoord?
2017-11-03"Die hartseerste van hierdie hele aangeleentheid: solank as wat moorde in rasseterme geverf word, solank dit as politieke speelbal gebruik word, solank as wat sterftes in een ras as meer belangrik geag word as in ander rasse, gaan ons land verder uitmekaar geskeur word."
In ’n Tanzaniese tronk
2017-10-31"Die oomblik as regsverteenwoordigers nie meer met vrymoedigheid sake kan aanneem nie, dan is intimidasie van regters ook nie ver agter nie. Die oomblik as regters nie 'without fear or favour' kan regspraak lewer nie, is demokrasie in sy kanon in."
#MeToo: ’n oomblik, ’n veldtog of ’n blywende verandering?
2017-10-23"Solank as wat vroue se pyn afgemaak word as wolhaarstories, gaan slagoffers huiwer om na vore te kom onmiddellik nadat ’n aanval gebeur het, of later."
Op grond waarvan kies die DA sy leiers?
2017-10-18"As die DA wel sy leiers op meriete kies ongeag velkleur, soos wat sy nuwe Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela, beweer, sou hy en dié party se nasionale leier, Mmusi Maimane, waarskynlik nooit in hul huidige leierskapposisies binne die DA gedien het nie."
