Skryf soes djy is

  • 2

In Athlone staan daa ’n bordjie wat iemand opgesit het. Soes ek kan onthou, staan daa “Children must be heard.” Dit trek my elke kee as ek daa veby ry. Kinnes moet gehoo wôd, ennie net gesien wôttie.

Ek dink hie an Jethro Louw se gedig “Die kind, wat die 17de Oktober 2017 op LitNet geplaas was. En toe ekkie eeste kee die gedig lies, toe sê ek: “Ja, Jethro. Djy’s reg! Kaaps, sy’s maa nog net ’n klein kind.”

Jethro Louw skryf:

Die kind

Gebaseer op ’n gedig van Ingrid Jonker

Afrikaans het ’n kind
My hartse pint
Sy's die vrou van die wind
Hotentotsgotse kind
Kau die dogter van Nag en Duisternis
Monumenteel op die agtergrond van ’n volk in ’n kulturele wildernis
Soete kama-beeld wat pronk uit die verte
Eeue oue gebergte
Op die plek waar jy die sewe seëls kry
Tog naak en kaal van naby
So staan sy uit bo die gety
Die kind by wie jy nog die sweer om die naelstring vind
Weggegooi in die weer en die wind
’n somber melody wat nou in die Kalahari rinkink
’n Boesmanstem dom en stom gesmore
Sit prentjies in woorde
Kleurskakerings op rotswande
Ink-imprente van Boesmanhande
In skuilings wat uitkyk oor die see en oseane
Inspireer die graffiti innie ghetto-lane. ...

Jethro Louw. Afgelaai op 8 April 2018, https://www.litnet.co.za/die-kind-2.

Ek is velief op die taal. Rêrig! Ek is! Die gedig gan vêder-an om te beskryf hoe hy voel oo die taal wat sy eie is, die taal wat ôs deel, ek en hy, en soeveel anner mense, wat skryf en sing, en MC. Die mense soesie MC SIEP, wattie trots in hulle taal hoo, en dit net vorentoe vat.

Soe twie wieke trug toe wôd ek gekontak oo e-mail deu iemand wat vra om een van my artikels wat op LitNet gepublish was, te gebruik vi sy studies ommie belangrikheid aan te wys van Kaaps in ’n Afrikaans-moedertaalklaskamer. “Kan ek maa jou wêk anpas en dit gebruik?” Hy’t my net daa gevang. “Kan ek jou wêk anpas?” Ek los toe daai gevoel en dink toe, Great! Dis mos net wantoe ôs op pad is met Kaaps. Na ’n plek toe waa sy haa plek sal kry, en dis ’n plek wattie net oppie straat se hoeke, of oppie parade, of in ’n gangste-kamp issie.

Imagine, Kaaps innie skool, Kaaps oppie straat, Kaaps innie kêk, Kaaps innie gawement. ’n Mens kan net droem oo ’n taal wat sal groei en haa krag kry om haa mense krag, ennie mag, te gie om hulleself op ’n anner way te kan sien en vestaan. Ek dink Krotoa is tog trots op wat gebeerit mettie woorde wat sy ennie anner voo-ouers anmekaa beginne lassit.

Maa daa was ’n ongemak wat in my gesit het oo die e-mail. Ek mean om wêk, en nog dan my wêk in Kaaps, in akademia te kry, en skryfwêk soes Kaaps, dit het my excited gemaak. En oek Kaaps innie skole – dis fantasties.

Ek vra toe myself gannit oo my ego dat ekkie myself kon kry om somme ja te sê vi soe ’n requestie. Ek praat toe saam met ’n anner skrywertjommie van my, en sy gie my toe ’n anner way om te kyk na die hele storie. Collaboration! Saamwêk! Dis ’n goeie pad vorentoe! Sy’s reg! Saamwêk is altyd ’n goeie ding.

Nog steeds het ekkie gemaklik gevoel mettie feit dat iemand die wêk wat ek geskryf het, wil anpassie. Soe om te sê, dissie genoegie, of dis te veel, of dis vekeerd. Miskien het dit te doen met hoe feministies ek geskool was. Miskien gan dit oo hoe mansmense nog altyd hulleself forseer het om vroumense te gebruik in watter ever way hulle dink hulle kan. Dissie goed wat ek gedink het, wan ek liewe nog steeds in ’n tyd waa mansie twie kee sal dink om ’n vrou te gebruikie. Miskien gannit oo hoe ek self nog voel oo my gebruik van Kaaps, en hoe ek innerlik tien myself, en tien my taal, diskrimineer. Wan ek liewe in ’n tyd waa daa nog steeds tien my taal gediskrimineer wôd.

Miskien het hy nie eens soe daa-an gedinkie, maa iets het nettie reg gevoel vi my nie. En hoekô kan hy nie self in Kaaps skryfie? Wat stop hom om dit te doen? Dit het net baie geklink soes ’n gebruikstorie. Soes ’n wit baas wat weer eensie kallid wil gebruik, soes hulle gedoen het in apartheid toe hulle sê: “Niee, djy issie swartie, djy’s kallid. Djy is bieter dan die swartes.”

Ek kon nettie myself kry om myself uit die hele storie uit te haal nie, en te sien dat daa iets groter annie gang is dan my en my ego. Die punt is, ek kannie myself uittie storie uit haalie. Wan ek, soes ek is, en soes ek skryf, en soes ek praat, is deel van die storie. Die Kaaps se storie. Net soes hy, die outjie, deel is van dit. 

In laat January het ek tyd gespandeer met ’n vriendin van my wat biesag is met ’n meestersgraad in taalkunde, met ’n fokus op “letterkunde in skole”. Haa navorsing is groter dan dit, maa net om ’n bietjie konteks te gie. Anyways, sy het haa data bymekaa gemaak in skole oppie Kaapse Vlaktes. Ek vra toe een aand vi haa, soes ôs sit en praat oo haa wêk: “Gan djy hulle stem hou? Like wanne djy oorie data gan skryf, gan dit Kaaps wies of Kaapse-Engels wies?”

My vraag het haa geruk, wan sy’t dit nooit geconside om Kaaps innie eeste plek te gebruikie, wan sy het gedink an hoe Kaaps sou anvaar wôd deu haa examiner. Maa hoe langer ôs daaoor gepraat het, het sy toe geadmit dat sy wiet selfie hoe om in Kaaps te skryfie. Soe, dit het nettie gegan oorie vrees dat haa examiner haa gan afmerkie, en dis ’n massiewe ding om an te dink. Wan as jou leser jou nie kan vestaanie, dan is dit mos ’n helse probleem. Maa dit het oek gegan oo hoe sy gevoel het oo Kaaps, en hoe sy nie die taal wat sy praat, oek kan skryfie. Wan dit was nog net altyd vedruk. En dan was daa oek die hele ding oorie Kaapse-Engels, djy wiet, Kombuisengels, en hoe minderwaardig ôs voel oorie tale van ôs.

Toe ek my meestersgraad geslaag het in 2017, was ek ingelaat op ’n “secret”, dat die riede hoekô ekkie ’n hoër punt by een van my examiners gekry hettie, was dat die examiner hettie die taal wat ek in geskryf het vestaanie. Dit wassie “Afrikaans” ie. Wat ek toe vestaan het, was dat UCT, en hoe hulle, of hulle examiner, my wêk hanteer het, is dat Kaaps, as ’n skryftaal, nie ’n plek het in akademia nie. Dat Kaaps ’n taal moet bly wat gehoo moet wôd, en nie gelies moet wôttie, wan daa is klaa ’n taal wat daai “reg” het om dit te doen: Afrikaans. Ek kan vestaan dat dit haa eie innerlike konvensies is oo wat reg en vekeerd is wanne dit kom by ’n taal soes Kaaps wat gemaakit dat sy nie die “reg” kon sien in my taal, of my gebruik van Kaaps, op soe ’n hoë vlakkie.

Ek het met anner skrywers oek gepraat, en gevra: “Maa hoekô skryf djy nie in jou taal wanne djy op social media, of in ’n e-mail, of soe, skryfie? Ek mien djy sien die werd om dit te gebruik wanne djy jou gedigte skryf, of soe, maa djy kan dittie in jou elke dag se liewe gebruikie? En een punt het aliewig uitgestaan: “Mense sal my Kaapsie vestaanie.” Maa bedoelit dat net ommat mense nie wil leer om jou te vestaanie, of jou taal te vestaanie, dat djy moet jou taal agtetoe skuif?

As djy nie ken oo akademia nie, lat ek gou vi jou ’n bietjie vetel. As djy nie ’n anner source het wat djy kan anhaal, of gebruik as ’n punt van referencie, dan sê akademia vi jou: “Kyk hie, jou wêk bedoel niks, wan wie anners het gepraat of geskryf oo dit wat djy wil van praat?” En ek het ’n groot proebleem damien, wan wat gebee van jou idees? Wat gebee van jou taal wat djy wil gebruik wanne djy skryf? Hoekô het ôsie die reg om te skryf in akademia soes ôs wil, of oo wat ôs willie? Hoekô, soes in die outjie wat my ge-e-mail het se geval, hoekô kan hy nie sy eie Kaapse skryfwêk gebruik as deel van sy leermateriale, of as deel vannie wêk wat hy wil gebruik in skole nie? En hoekô voel hy dat hy dittie soe kan doenie? Hoekô voel hy dat hy nie daai reg hettie? En hoekô voelie mense wat ek nou al soever saam gepraat het dat hulle kannie hulle Kaaps gebruik soes hulle Engels gebruikie? Hoekô soek ôs aliewig ’n substitute vi ôs se kultuur?

My huiwering om ja te sê an die request hettie gegan oo my ego nie, maa dit gan oorie feit dat mense bang is om skryfwêk in Kaaps te publiseer. Hulle eie skryfwêk. Mense is bang om in Kaaps te skryf. Mense wat Kaaps, praat is bang vi hulle eie taal, nessie res vannie land. Ek was en is self nog op ’n siekere manier bang vi my taal.

Skryf! Soes djy kan! En publish waa djy kan! Ennie net publish op ’n boek-level ie, maa op alle levels. Ek vestaan ie wêreld sit jou in ’n siekere klas wanne djy jou taal gebruik. En daai klas is mos nou maa die arm, die ghetto, die gangste, die veilbekke-klas, die straatkind-klas. En wie willan nou dit wies. Maa vi my is dit net ’n klomp dubbel-k, senter-a!

Dié is wat soe amazingly groot was vi my oorie Bybel in Kaaps-kompetisie wat LitNet gehou het. En dit is oek wat dit soe moeilik gemaakit om te oordeel, wan elke een van daai inskrywings was Kaaps, in haa veskillende klere. Dit was iets anners. En ek is soe trots dat ek kon deel wies van iets soes daai, wan dit het my kans gegie om te sien wat Kaaps in haa skryfvorm kan raak.

Dit gannie oo een way van Kaaps skryfie, maa skryf soes djy is, soes Kaaps jou geleerit om Kaaps te wies, soes Kaaps jou geleerit om te praat, soes Kaaps jou geleerit hoe om in Kaaps an te trek, soes Kaaps jou geleerit om Kaaps te iet.

Steve Biko sê mos: “I write what I like.” Soe, skryf soes djy is. Dis jou taal dié. Al treat mense dit soes ’n straatkind. Dis jou taal dié!

Dis 2018, ek is nog steeds Livy vannie Rive, maa ek issie mee daai kind vannie strate vannie Lectric City nie. Ek is nou ’n kind vannie Kaap. Ek is hie om te vetel wat ek sien in die sieke wêreld, miskien op soe ’n way kan ek jou inspireer, en dee vi jou te skryf inspireer ek myself vêder. Comment wat djy wil, dis jou stem en opinie, maa onthou dis op jou eie risiko. 😊

Ek wil net dankie sê vi allie mense wat my geïnspireer het om dié stuk te skryf. Dankie!

Bly te kenne, en dankie virrie onnersteuning.

https://www.litnet.co.za/bybel-kaaps-kompetisie-wenners-aangekondig/

  • 2

Kommentaar

  • Doe zo voort! Kaaps is die Mamma van die Noorde se Afrikaans. As ek Kaaps lees, voel dit vir my elke sin is musiek, poësie. Wens ek kon so skryf. Ma’ dan sallik eers moet leer om so te praat.

  • Gevaaaaaaaarlik! Shooo nee kyk j doen dit vimy al is eki vani kaapi ma nu ja die is wat j se en skryf en uitleef. Trots op ju livy ... Jou inspirasie kom elkedag kuier by ju ... Give thanks ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top