Bybel in Kaaps-kompetisie: wenners aangekondig

  • 3

LitNet is al ’n geruime tyd besig met ’n projek om dele van die Bybel in Kaaps te laat vertaal.

LitNet het mense wie se moedertaal Kaaps is, genooi om ’n gedeelte uit Genesis 1 in húlle Kaaps te vertaal.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.

Klik hier vir Candice Jantjies se besinning oor die standaardisering van Kaaps.


 

Olivia Coetzee, Shirmoney Rhode en Peter Snyders het die kompetisie beoordeel.

Olivia Coetzee

Ek is Olivia M Coetzee, bekent as Livy of Liv depending op wie djy is in my liewe. Ek's biesag om my Meester's graad, in Creative Writing, te voltooi by UCT. Ek hou van sense maak van 'ie liewe rondom groot vure met vriende en oek op skoon A4 blaaie.

Shirmoney Rhode

Shirmoney Rhode is ’n Kaapse Afrikaanse digter en hoërskoolonderwyseres in Kaapstad. Haar debuutdigbundel, Nomme 20 Delphistraat, is in 2016 gepubliseer. Sy is passievol oor die vooruitgang en groei van Afrikaans as taal wat spasie maak vir al sy variante en daarom is hierdie kompetisie veral vir haar opwindend om te beoordeel. 

Peter Snyders

Peter James Snyders is op 14 November 1939 in Wynberg in die Kaap gebore. In 1980 debuteer hy in Uitgewery Skoppensboer se versamelbundel Brekfis met vier saam met Daniel Hugo, Etienne van Heerden en André Le Roux du Toit wat in 2005 weer deur Human & Rousseau uitgegee word. Uit sy pen verskyn ook:

’n Ordinary mens
Poltical joke: ’n gesprekdrama
’n Waarskynlike mens
Verzachtende omstadigheden = Versagtende omstandighede
Political joke 2 (Daai’s nou politiek): ’n gespreksdrama
Brunch met twee 
saam met Clinton V du Plessis
Tekens van die tye


 

Die wenner van die kompetisie is Kyle Deon Manuel, en die naaswenner is Hein Kleinbooi. Kyle wen R3 000 kontant en Hein R1 000. Hier is agtergrondinligting oor elk van die twee wenners.

Kyle Deon Manuel

Kyle Deon Manuel kom van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte. Hy het onlangs gegradueer met ’n BA in teaterstudies aan die Universiteit van Kaapstad. Kyle is ’n ywerige skrywer en vertoner. Hy hoop om eendag ’n toneelstuk te skryf oor die mense van Bonteheuwel wie se stories gehoor moet word.

Kyle se inskrywing

Aanie begin het God die hiemele enie aarde gemaak.

Har’was niks, die aarde was helemal onbewoenbaar. ‘It was donker oppie waters, maar’ie Giees van God het oorie water geswief.

Toe’et God gesê: "Lat die lig uitstiek!" En skielik toe wa’sa lig.

God het gesien’ie lig was kwai, en hy’t die lig en die donker va’mekaar geseparate.

God het toe’rie lig "dag" genoem ennie donker het hy "nag" genoem. Dit het nag geword en’it het dag geword. Nou soe wassie eerste dag gemaak.

Toe’it God gesê: "Laat daar separation wies tussen’ie waters, om’ie waters van mekaar te skei."

Soe herrit gebeur. God het’ie separation gemaak enn’ie waters, bo en onne en alles in die omtes, het liewendig geword.

God het’ie boenste omte "hiemel" genoem. Dit het nag geword en’it het dag geword. Dai was’ie twiede dag.


Hein Kleinbooi

Hein Kleinbooi is op ’n lentedag op die Cape Flats gebore. Hy werk al vir meer as 20 jaar as ’n Information Technology professional. Deeltyds dig hy so bietjie en wy die res van sy tyd aan sy gesin en goeie vriende. Hy dabble deesdae ook so ’n bietjie in prosa.

Hein se inskrywing

Aanie begin het God die hiemal en die aarre gemaak.

Niemand en niks kan oppie hele aare gebly hettie want da was net diep waters en donkerte, maar die Gies van die Jirre het oo die donke waters geswief.

Toe het God gesê: “Lat daa lig wies!” En toe kô die lig.

God het genotice lat die lig goed was en toe separate Hy die lig en die donkerte.

God roep die lig “dag” en die donkerte roep hy “nag”. It het aand geword en na dai was dit oggend. Dai wassie eeste dag.

Toe het God gesê “Lat da ’n move kom tussen die veskillende waters om die waters van meka te separate

Toe gebeer it netsoe. God het die aare gemaak end da was wate onne die aare en boe die aare.

God het die boenste gedeelte “hiemel” genoem. Toe raakit aant en toe na dai kommie die oggend. Dit was die twiere dag.


 

LitNet publiseer hiermee 20 inskrywings in alfabetiese volgorde.

Caela Nutt

Inie begin het God’ti hemel eni aarde gecreate.

Die aarde was helemal onblybaar, it was donke op diepe wates, madi Gees vani God het ori wates geswief.

Toe heti Man van bo gesê: “Lat da lig wies!” En da was lig.

Hy het gepakamiza dat die lig skanganga is en heti donkerte vani lig geseparate.

God heti lig “dag” genoem eni donkerte “nag”. Dit het aand en oggend geword en soe was hai die eerste dag.

Toe het God gememeza: “Lat da ’n gewelf wies omi wates ook te separate”, soos die lig, sien djy?

Dit het toe soe gebee. God heti gewelf gemaak eni wates van one en bo geseparate.

Hy het hai die “hemel” genoem. Dit het aan en oggen gewordt en soe was hai die twiede dag.

 

Chanell Miller

Innie start het God’di heaven en’ie earth geform.

Die earth was hieltemal onbewoenbar, it was dark oppi diepe waters, but die Gies van God het oorrie face vannie wates gedrift.

Toet Onse Vader gesay: “Lat haa lig wies!” En haa was lig.

God hit genotice die lig is nca, in Hy skiem Hy gaatie lig ennie donke mos maak skei.

God het'tie lig “môre” genoem, enni donke het Hy “naand” genoem. En it het môre gewot ennit it naand gewot. It was die ieste dag.

Toe hit die Onse Vader gesay: “Lat ha ’n uitspansel wies between die wates om die wates van mekaar te maak skei.”

So het it ge-happen, true as Bob, ek sê. Got hettie uitspansel toe gemak ennie wates onner’ie uitspansel gesky vannie wates above’ie uitspansel.

Die Here Onse Vader hettie uitspansel “hiemel” gedoep. En it was wee môre in it was wee naand. It was’ie second day.

 

Chris van Wyk

Innie begin het Got die hiemil ennie aare gekriehyt.

Die aare was helemal onbewoonbaa, dit was donke oppie diep wates, maadie Gies van Got het oodie wates geswief.

Toe het Got gesê: “Laat daa lig wies!” En daa was lig.

Got het gesien die lig is goet, en Hy hettie lig ennie donke van mekaa gesepparyt.

Got hettie lig toe “dag” genoem, ennie donke het Hy “nag” genoem. Dit het aand gewôt, en dit het môre gewôt. Dit wassie eeste dag.

Toe het Got gesê: “Laat daa ’n gewelf wies tussenie wates ommie wates van mekaa te sepparyt.”

Soe het dit gebee. Got hettie gewelf gemaak ennie wates onne die gewelf gesepparyt vannie wates boe die gewelf.

Got hettie gewelf “hiemil” genoem. Dit het aand gewôt en dit het môre gewôt. Dit wassie twiede dag.

 

Christa Faasen

Heel aan die begint het God die jemel en die aare gemaak

Die aare was woes en lelik en niemand kon daar lewe nie. Die donkerte was oralste oppie waters, maar die oë van God het so oor die waters getuur tot innie vertes in. God het Sy Asem toe so geblaas oor die waters.

Toe roep God so duidelik: "Lig, dat jy daar wees?" En Lig het geluister en Lig het na vore gekom.

God se oë het stip gekyk en gesien die Lig was net doodreg. Toe het God die Lig en die dooie donker van mekaar af weggeskeer.

Toe sê God: "Lig, vir jou noem Ek van nou af net Dag. Donkerte, vir jou noem ek van nou af net Nag." Nag het toe saam met die donkerte gekom en Dag het toe as môre kom staan en so het die heel eerste dag in hierie wêreld beginne.

God het toe weer beginne praat en gesê: "Waters, maak swelsels dat Ek jou in dele kan indeel."

Toe gebeur dit nou so. Die waters het geluister en God het toe die swelsels laat werk tot die boonste waters vir die onnerste waters gegroet het en weggegaan het.

God praat toe weer baie duidelik en sê: "Die boonste swelsels, julle gaan van nou af die naam van Hemel kry." En Hemel was doodtevrede en het toe so gekom bly.

 

Christo Meyer

Innie begin hetie Man van Boe die hiemel en die aarde geskep.

Die aarde wassie ’n plek om op te bly nie, dit was donke' oppie diepe wates, maarie Man van Boe se Spirit het oorie wates gefloat.

Toe hetie Man van Boe gesê:"Dié donke'te gattie wêkie. Daa moet lig wies!” En daa was lig.

Die man van Boe het gesien die lig is kwai, en Hy'tie lig ennie donke' van mekaa geseparate.

Die Man van Boe hetie lig toe “dag” genoem, en die donke het Hy “nag” genoem. Toe raakit aand enit raak oggen. Daai wassie eeste dag.

Toe hetie Man van Boe gesê: “Daa moet ’n gewelf wies tussenie wates om die wates van mekaa te separate.”

Soe hetit gehêppin. Die Man van Boe het die gewelf gemaak enie wates onderie gewelf geseparate vanie wates anie boekant.

Die Man van Boe hetie gewelf hiemel genoem. Dit het aand gewôd en dit het oggen gewôd. Daai wassie twiere dag.

 

Denver Breda

Innie begin het Got die jumel ennie aarde geskep.

Die aare was helemal onbewoonbaa, it was donker oppie diep waters, maarie Gies va God het oorrie waters geswief.

Toe het Got gesê: “Lat dar lig wies!” En dar was lig.

Got het gesien die lig is goed, en Hy herrie lig ennie donker van mekaa geskei.

Got herrie lig toe “dag” genoem, ennie donke het Hy “nag” genoem. It het aand gewort en it het môre gewort. Dit wassie eerste dag.

Toe het Got gesê: “Lat daa ’n gewelf wies tussenie waters ommie waters va mekaa te skei.”

So hettit gebeer. God hettie gewelf gemaak ennie waters onnerie die gewelf geskei vannie waters borie gewelf.

Got hettie gewelf “jumel” genoem. It het aand gewort en it het môre gewort. Dit wassie tweere dag.

 

Denzil Davids

Innie beginning het God die hiemel ennie aar’e gemaak

Die aar’e was net bossies en mountains, ênnit was donke oppi sea, ma die Holy Ghost het oorie water geswiewe.

Toe het die Man van boe gesê: “Lat da lig is!” En toe wassa lig.

Die Ou het gesien die lig is mos reg, en toe skei Hy die lig ennie donkerte va’meka.

Die Man van boe het toerie lig “dag” gecall ennie donkerte het Hy “aand” gecall. Toe worrit aand en toe oggend. Daai wasie ieste dag.

Toe het God gesê: “Lat da ’n expanse ko tussen die waters ommit te separate

Ennit het netsoe gebee. Die Man van boe het die expanse gemaak ennie waters onne die expanse geseparate vannie waters boe die expanse.

Hy het toe die expanse die “hiemel” genoem. Toe raakit aand en toe raakit wee oggend. Dai wassie twiede dag.

 

Hein Kleinbooi

Aanie begin het God die hiemal en die aarre gemaak.

Niemand en niks kan oppie hele aare gebly hettie want da was net diep waters en donkerte, maar die Gies van die Jirre het oo die donke waters geswief.

Toe het God gesê: “Lat daa lig wies!” En toe kô die lig.

God het genotice lat die lig goed was en toe separate Hy die lig en die donkerte.

God roep die lig “dag” en die donkerte roep hy “nag”. It het aand geword en na dai was dit oggend. Dai wassie eeste dag.

Toe het God gesê “Lat da ’n move kom tussen die veskillende waters om die waters van meka te separate

Toe gebeer it netsoe. God het die aare gemaak end da was wate onne die aare en boe die aare.

God het die boenste gedeelte “hiemel” genoem. Toe raakit aant en toe na dai kommie die oggend. Dit was die twiere dag.

 

Hendry Kortje

Jares en jares t'rug nog voor son'top se tyte het'ie Jieta die boekampe en'ie tjiekwana gedala.

Tjiekwana was flêbê. Die agte'kante was op'ie ghazi van'ie wolke, maa die winde van'ie Jieta het oor'ie wolke se ghazi gegly.

Toe kalah die Jieta dat'ie son'top moet naby-staan waa'by die gouestraal netsoe gedala het.

Die Jieta het genotch dat'ie gouestraal met'ie geloef was. Toe jaag die Jieta die strale en'ie agte'kant weg va mekaa af.

Die Jieta het hulle jampas name gegie. Strale se jampas het hy son'top gekalah en'ie agte'kante son'taf.

Soe slaan'ie jampas van son'taf en van son'top. Die eeste menyaka het geslat.

Toe tjek die Jieta hy moet hulle wat'ie geskryf is'ie va mekaa af weghou.

Toe jaag die Jieta hulle ytmekaa yt. Som' het boekante toe getrap en'ie aner onnekante toe. Hy vitêl hulle netdaa om'ie te jikijêla nie.

Die boekantstes het'ie Jieta "Jehovaan-se-kamp" gekalah.

 

Hermien Bothma

Innie begin het God’t die hiemel ennie aare gecreate.

Die aare kon niemant op gebly et’ie.

Godt het toe gebleep: “Lat da laait wie’s.” en daar was laait.

Godt het gesien laat dit goet was, en toe het hy die laait vannie darkness geseparate.

Godt het toe die laait dag gecall en die darkness nag. Dit het nag gewort en dit het die next day gewort. Dit was’sie eerste day.

Godt sȇ toe: “Lat da ’n briek kȏ tussen die waaters lat hulle moet skei.”

Soe was’it toe, toe briek innie waater gemakit. Hy’t die onnerste en die boenste geskei.

God’t het’ie briek hiemel genoem. Dit het nag gewort en dit het’ie next day gewort. Dit was’ie twiere dag.

 

Ilne Fourie

Innie jeel begint het God die jimmel ennie aarde gemaak.

Die aarde was so lat ’n mens nie op haar sou kon woon nie en dit was baja donker oppie diepsee se waters, maar die Heiligte Gees van God het oorie waters gevliêgt.

En toe het God gesê: “Lat die son skyn!” En da was sonlig.

God het gesien dat die lig goet gewerk het, en Hy het die sonlig en die donkerte van mekaar af geseparate.

God het toe die sonlig “dag” genoem, en die donkerte het Hy “nag” genoem. Die son het loep slaap en die donkerte het wakker geword. Dit was aand en dit was môre. Daai wassie eerste dag.

Toe het God gesê: “Lat da ’n dak wies tussen die waters, om die waters van mekaar af te kan separate.

Dit het toe gebeurt. God het daai dak gemaak en die waters ônner die dak geseparate van die waters bokant die dak.

God het die dak vol sterretjies gehangt en dit die “jimmel” genoem. Dit was aand en dit was weer oggend. Daai wassie tweede dag.

 

Ivor Swartz

Innie begin hettie Man van Bo die hiemel ennie aarde gemaak.

Daa was noggie ees ’n HOP-huisie of ’n hokkie oppie aardbol nie; die hele wêreld was nog onne loadshedding en toe vannie wate. Got se Gees het soes ’n spoek oppie wate geswief.

Got het toe once gesê: “Lig, stiek yt.” Ennie lig was haso.

Got hettie lig met saloet aangekyk, en Hy’t die lig ennie donke toe van mekaa af laat skei.

Got hettie lig se naam toe “dag” geroep, ennie donke het Hy “nag” geroep. Die aand het ytgestiek, en toe die oggen. It wassie eeste dag!

Tóé sê Got: “Daa moet ’n dytlike gap tussen’i wates wies, ommie wates weg van mekaa te hou.”

It het toe netso gebeu. Got hettie gap tussen’i wates gemaak, ennie onneste wate weg van boenste wate gehou.

Die gap tussen’i twie het Got hiemel genoem. Die aand het ytgestiek, en toe die oggen. It wassi twiede dag.

 

Jasmine Lewis

Innie begin et God’ie hiemel ennie aarde create.

Die aarde was hielemal onbewoenbaa. It was donke oppie diep waates maarie Gies van God et oorie waates gefloat.

Toe’t God gesê: “Lat haa lig wies!” En haa was lig.

God het gesienie lig is goed en hy’tie lig ennie donke van mekaa geseparate.

God hettie lig toe "dag" genoem, ennie donke et hy “nag” genoem. It et aand gewôd ennit et môre gewôd. It wassie eeste dag.

Toe’t God gesê: “Lat haa ’n plain wies tussenie waates ommie waates van mekaa te separate.”

Soe’t it gebeu. God hettie plain create ennie waates onnerie plain geseparate van waates boerie plain.

God Hettie plain "hiemel" genoem. It et aand gewôd ennit et môre gewôd. It wassie twiede dag.

 

Joce Engelbrecht

Kyk hie, ani begin maak God di hemel en di aarde.

Plustens niemand kan daa gebly it tie want hoeko it was êg donker opi diep waters, maar di Gees van God het netsoe oor die waters gefloat.

Toe sê God: “Laat daa lig wees!” En 1, 2, 3 daa brand it.

God sien om te sê di lig is goed, en Hy separate toe di lig en die donkerte van mekaa.

God sê toe: "Jy, lig, van nou af is jy 'dag', en jy, donker, jy's ’nag'." Toe word it nag en toe ko meet ôs di dag. Dai was di eeste dag.

Toe sê God: “Kyk hie, hie moet ’n beat gebeur wat di waters gaan separate volgens boontoe en onnertoe."

En God se waarheid toe's it netsoe. God maak dai move en die waters separate.

God noem toe die boonste beat die “hemel”. Toe kom meet ôs weer di aand en weer di oggen. Dai was di tweere dag.

 

Kelly Adonis

Innie begint het God die hemel ennie aarde geskep.

Die aarde was heeltemal onwoonbaar, dit was donke oppie diep waate', maa die Gees van God het orrie wate geswerwe.

Toe het God gesê: “Lat daa lig wies!” En daa was lig.

God het gesien die lig is goet, en hy hettie lig en die donke'te van mekaa geseparate.

God hettie lig toe “dag” genoem, en die donkete het Hy "nag" genoem. Dit het aand gewhit en dit het môre gewhit.

Toe het God gesê: “Lat daa ’n gewelf wies tussen die waate' om die waate' van mekaa te separate”.

So hetit gehappen. God het die gewelf ennie waate' gemaak ennie waate' onnie die gewelf geseparate vannie waate’ bo die gewelf.

God het die gewelf die “hemel” genoem. Dit het aant gewhit en dit het môre gewhit. Dit wassie twiede dag.

 

Kyle Deon Manuel

Aanie begin het God die hiemele enie aarde gemaak.

Har’was niks, die aarde was helemal onbewoenbaar. ‘It was donker oppie waters, maar’ie Giees van God het oorie water geswief.

Toe’et God gesê: "Lat die lig uitstiek!" En skielik toe wa’sa lig.

God het gesien’ie lig was kwai, en hy’t die lig en die donker va’mekaar geseparate.

God het toe’rie lig "dag" genoem ennie donker het hy "nag" genoem. Dit het nag geword en’it het dag geword. Nou soe wassie eerste dag gemaak.

Toe’it God gesê: "Laat daar separation wies tussen’ie waters, om’ie waters van mekaar te skei."

Soe herrit gebeur. God het’ie separation gemaak enn’ie waters, bo en onne en alles in die omtes, het liewendig geword.

God het’ie boenste omte "hiemel" genoem. Dit het nag geword en’it het dag geword. Dai was’ie twiede dag.

 

Lolèta Dalton

Hielema innie begint, toe loep ma oense God dai Jemil enne Hy vat tjoepstil dai hoepe gronne, soes tai kleie, loep drik Hy hille vas enne ma toe virrie aarre.

Darrie tye wis aarre lieg, nikse mens, diergoete of bossietjies nie. Di wis stikkind nagswarte donkertes oorrie diep waterse, marre toe loep vlie dai groete Gies vannie God boe-oer darrie baja waterse.

Niet toe komme sê oense God: "Lat darrie Lig deerslat!" Enne toe wiet darrie Lig, hy moe aanko.

God hiet galoep sienne darrie Lig is like sterk ganoe enne Hy loep toe nadir enne vat virrie Lig weg vannie nagswarte Donkerstes af.

Oense God he toe virrie Lig hom eie naam loep gee, en Lig worre toe dag garoep. Enne Hy loep roep virrie nagswarte Donkerstes enne toe kry Hy ok hom naam, hy worre nag garoep. Toe loep worre dit awend enne dit word wee moore. Dai wis nourrie hiel ierste dag gawies.

Toe komme oense God darrie order afgee: "Loep goi yt al dai baja waterse enne niet toe wees darrie kwai garas, like jy kannie regop sta nie, tjy moe stillê." Enne allie waterse hiet loep wegtrê ver uitmaka.

Soe gabeure dai toe. God allien hiet darrie tjille uitspreiding niet by Hoemselwers gama, enne Hy hiet allie waterse loep skei, darrie boe-kante dai vasgedrikte kleie, wie aarre garoep worre, enne weg vannie waterse oenir dai aarre.

Toe loep roep God dai groete stik uitspreiding, dai Jemil. Enne toe komme worre dit nagdonkertes enne stikkie laterse, toe komme rak dit we vroe-moore. Dai worre toe nourrie twierre dag garoep.

 

Moynene Jonas

Eeste het Goti hemel eni aarde gemaak.

Di aarde was deemeka en leeg, it was donke opi diep wates madi Gies van Got het oori wate gevlieg.

To seh Got: "Lat da lig wies!" En da was lig.

Got het gesien di lig is kwaai, en Hy heti lig eni donkete van meka geskei.

Got heti lig to "dag" gecall eni donkete hety "nag" gecall. It aan gewot enit oggen gewot.

It wasi eeste dag.

To het Got geseh: "Lat da a ytspreiding wies tissen di wates omi wates van meka te skei."

Soe hetit gebea. Got heti ytspreiding gemaak eni wates one di ytspreiding geskei vani wates boe di ytspreiding.

Got heti ytspreiding "hemel" genoem. It het aan gewot enit oggen gewot. It wasi twiede dag.

To het Got geseh: "Lati wates one di hemel op een plek bymeka ko dati drooe gron gesien wot." Soe hetit gebea.

Got heti droe gron "aarde" gecall eni wates wat bymeka gekomit, hety "sea" gecall.

Got het gesien it is kwaai.

 

Renier Stander

Ini begin het Gor' ie hemel enni earth geshape.

Die earth was helemal onbewoenbar, it was dark oppi diep wates, mah die Gies van Got het oorie wates geswief.

Toet Got gesay: “Lat haa lig wies!” En haa was lig.

Got hit genotice die lig is goet, in Hy het die lig ennie donke van mekaa gesky.

Got het' tie lig “day” genoem, enni donke het Hy “nag” genoem. It het aand gewot ennit it môre gewot. It was die ieste day.

Toe it Got gesay: “Lat ha ’n gewelf wies between ie wates om ie wates van mekaar te sky.”

So het it gehappen. Got het'ie gewelf gemak en ie wates onner ie gewelf gesky vannie wates bo-oppi gewielf.

Got het' ie gewelf “hiemel” gecall. It h't ant gewot en irit môre gewot. It wassie twiede dag.

 

Rowena Koopman

Innie begin het God die hemel ennie aarde gemaak.

Die aarde was totally woes, ‘it was donke oppie diep wates, maa die Spirit van God het oorie wates gesweef.

Toe het God demand: “Laat daa light wies!” En daa was light.

God het gesien die light is goed, en Hy hettie light vannie darkness geseparate.

God hettie light toe "dag" ennie darkness het Hy "nag" genoem. ‘It het aand gewod ennit het dag gewod. ‘It was die eeste dag.

Toe het God demand: “Laat daa ’n space wies tussen die wates ommie wates van mekaa te separate."

Soe hettit gebeu. God hettie space gemaak, ennie wates onne die space geseparate vannie wates ani boekant.

God hettie space “hemel” genoem. ‘It het aand gewod ennit het dag gewod. ‘It was die twiede dag.

Lees ook:

Kaaps: deel van die standaard?

Candice Jantjies
Seminare en essays

"Met ons gebrek aan gestandaardiseerde taalnorme en -reëls, hoe kan ons akademies voortbou en Kaaps as onderrigtaal in skole implementeer? As ons kyk na die diverse en invloedryke nalatenskap van hierdie simbiotiese taalvariëteit van Afrikaans, behoort ons onsself vir ons nalatigheid teenoor Kaaps te skaam."

  • 3

Kommentaar

  • ... my hart klop warm en dis asof ek sommer hoop kry - dankie aan julle (elkeen) vir ons taal wat julle daar inni Kaap praat, dis uniek en ek lees dit alles hardop want dan hoor ek dit hier in Gauteng - Pretoria om presies te wees ... waar helaas kommunikasie nie altyd in ons taal is en al is ek die tweede taal magtig verstaan ek dit nie ... veral nie oor die foon nie maar ek MOET sê daar is belangrike sake wat uitgesorteer moet word. ALTYD prys ek elkeen wat ek "raakloop" wat Afrikaans praat en ek wil weet hoe en waar het jy dit so goed leer praat ...

  • Sjoe! Ek is absoluut gek oor elkeen se skryfwyse. Dis so mooi én uniek! Ek is 'n derdejaar-teologiestudent aan die Universiteit van Pretoria en het nog altyd voorliefde vir skryfkuns en ook Hans Du Plessis se Griekwa Psalms. Hierdie herinner my daaraan. Ek is mal oor hoe sommige van die inskrywers rondspeel en bietjie meer verduideliking en interpretasie gee aan die gebeure vanuit hul eie perspektief. Dis pragtig! Ek hoop dat julle die HELE Bybel so in Kaaps sal kan vertaal. Ek sal die eerste wees om 'n publikasie te koop!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top