Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Nou in die verlede: ’n Viering van die menslike gees oor swaarkry – Vic Clapham en die Comrades-marathon

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-06-05

"Die Comrades-marathon van 2020 is gekanselleer. Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog is hierdie moordende ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg, die oudste en waarskynlik een van die moeilikste ultramarathons ter wêreld, afgelas."

2015 teenoor 2020: ’n Vriendeliker ideologiekritiek?

Frederik Rudolph van Dyk Rubrieke 2020-06-04

"Vir talle van ons wat in 2015 en 2016 op kampus was, roep die wêreldwye verontwaardiging en woede oor die polisiemoord op George Floyd in die VSA heftige herinneringe op. Een van die tekenendste ooreenkomste tussen nou en toe is die fundamentele kritiek wat die opstande in die VSA bied."

Hoekom ry kerke met Jan Tuisbly se karretjie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-06-02

"Wie word bevoordeel deur die heropening van kerke, en wie het die invloed om die regering in ’n blik te druk?"

Nou in die verlede: Gedenk Kerkstraat, 20 Mei 1983

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-05-22

"Vandeesweek gedenk ons een van die dodelikste terreuraanvalle op Suid-Afrikaanse bodem."

Skep die koronamaatreëls ’n nuwe klas burgerlike ongehoorsaamheid?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-05-21

"Die protes wat ons tot nou toe sien, gaan eerder oor die gemaksone van ’n relatief klein groep bevoorregtes wat dalk net verveeld is."

Allan Boesak, Nelson Mandela, Jakes Gerwel en nierassigheid

Jason Lloyd Rubrieke 2020-05-18

"Dit is ’n regverdige vraag om te vra of nierassigheid dood is, of het dit ooit bestaan, want die Suid-Afrikaanse samelewing het in ’n mismoedige sin agteruitgegaan. Tot so ’n mate dat minderhede toenemend neerslagtig voel omdat hulle besef hulle word vanweë ras of etnisiteit uitgesluit en tot ’n ekonomiese sukkelbestaan gereduseer."

Die biblioteek aan die begin van my wêreld

Deborah Steinmair Rubrieke 2020-05-18

"In die hoeveelste fase maak biblioteke oop? Lank voor die pandemie het biblioteke reeds vir my hartseer ruimtes geword: afgeskeep, effens vervalle, onderbefonds, met te min nuwe uitreikings. Eens was dit anders."

Nou in die verlede: Die dag toe Adolf Eichmann, "die verpersoonliking van die banaliteit van boosheid", gevange geneem is

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-05-14

"Hierdie week gedenk ons die waaghalsige operasie om een van die wêreld se mees berugte en glibberigste oorlogmisdadigers vas te trek."

Die kultuur van selfvernietigende dwarstrekkery in die VSA

Frederik Rudolph van Dyk Rubrieke 2020-05-13

"In die Amerikaanse geval kom daar egter ’n gevaarlike dwarstrekkerstreep voor wat totaal kontak met die werklikheid verloor het, wat wetenskaplike feitelikheid arbitrêr verwerp en ’n ongebreidelde, onredelike sin vir individuele belange en onafhanklikheid het. Net soos ’n ongure tiener wat teëpraat net om te stry, so protesteer halsstarrige Amerikaners wat meestal baie goed weet dat die feite nie in hul saak se guns is nie."

Watse laerisiko-gevangenes, minister Lamola?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-05-13

"Korrektiewe beamptes is alreeds onder druk met te veel gevalle. Nou word daar in ’n tydperk van 10 weke nog 19 000 ekstra gevalle by hul werkslading gevoeg."

Gesteelde water is soet

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2020-05-11

"Of dit nou heuning, koek, sigarette of drank is, gesteelde water is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker, sê die wyse Salomo mos."

Behoefte aan ’n geloofwaardige en "capable" staat

Jason Lloyd Rubrieke 2020-05-08

"Die regering se onbeholpenheid en weiering om na meer stemme as net die mediese perspektief te luister in die hantering van COVID-19 is ’n bewys dat ons meer bekwame politici nodig het om ’n 'capable' staat te bou."

Nou in die verlede: die Foxstraatbeleg

Jako Bezuidenhout Rubrieke 2020-05-07

"45 jaar gelede was Foxstraat die middelpunt van waarskynlik een van die mees bisarre gyselaardramas in die geskiedenis van Suid-Afrika."

Heildronk

Jitsvinger Rubrieke 2020-05-06

"Vegters teen die pandemie in die loopgrawe wat die vaandel dra as noodsaaklike werkers, soos gesondheidsdienswerkers, rampbestuurders, trokbestuurders wat die risiko loop om in hoërisikogebiede deur lede van die publiek geplunder te word … Daar is gans te veel om te noem wat nie erkenning kry nie. Die artikel is vir elkeen van hulle."

Vroue wat skryf kan toor en tuinmaak

Deborah Steinmair Rubrieke 2020-05-05

"Virginia Woolf het gesê ’n vrou het ’n kamer van haar eie nodig. Dié van ons wat skryf, het vele kamers in ons kop en die drumpel word nooit deurgetrap nie."

Post-COVID-19

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-05-05

"Hoe gaan die lewe daarna daar uitsien? Gaan die manier waarop ons sosiaal verkeer ingrypend verander, of gaan ons soos sediment in ons ou, bekende groewe teruggly?"

Hokaai met jou barmhartigheidsprojek!

Frederik Rudolph van Dyk Rubrieke 2020-05-04

"Mense moet egter bedag wees op wat die reg van ons verwag wanneer ons die publiek vir geld vra. Ek het reeds met ’n paar kennisse en vriende gesels en namens hulle navorsing gedoen oor die regsimplikasies van fondsinsameling."

Lockdown, die polisie en weermag en kragdadigheid

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-04-29

"Die polisie en weermag tree op asof ons in ’n noodtoestand is, waar die publiek in opstand kom teen die regering. Hulle het klaarblyklik moeite om te besef dat ’n ramptoestand ’n geleentheid is vir hulle om die publiek by te staan en te help."

So overt, dis COVID

Jitsvinger Rubrieke 2020-04-29

"Dink jou in hoe die toekoms sal lyk: breër sypaadjies en allerlei toebehore om sosiale afstand te enable, Gucci-maskers vir die modebewustes ..."

Die Son Struikel, Aurelius en aanlyn-oordaad

Frederik Rudolph van Dyk Rubrieke 2020-04-28

"Wat het ’n 90-jarige Afrikaanse skrywer, ’n Romeinse keiser van 2 000 jaar gelede, ’n ontnugterde ou Rus en ’n joviale Franse filosoof uit die 1950’s met mekaar en met die Inligtingsera te doen? Wel, ek het myself dikwels die vraag gevra wanneer ek hierdie vier denkers – onderskeidelik Dolf van Niekerk, Marcus Aurelius, Fjodor Dostojewski en Albert Camus – se sobere skryfwerk oor die menslike toestand binne ons holderstebolder, histeriese aanlynkultuur probeer plaas."

Top