Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
COVID-19: ’n Basiese inkomstetoelaag vir armes is juis nou nodig
2020-08-14"COVID-19 vra menslike en ekonomiese opofferings, maar waar is die regering se opofferings om te sorg dat diegene wat ’n werk of ’n KMMO verloor het, ten minste kos op hul tafel het?"
Skoon wasgoed-rubriek: Die groot blydskap
2020-08-13"Carol Campbell, skrywer van Karretjiemense, het gedoen wat alle goeie storievertellers doen: Sy het met mense gepraat en na hulle geluister."
Hoe gaan die DA hom strategies posisioneer teenoor die ANC?
2020-08-06"Is die tafel nou behoorlik met verskillende beleidsopsies vir die DA gedek om hulle daadwerklik so strategies te posisioneer om ’n tasbare alternatief vir die ANC te kan wees?"
Maar wat beteken #challengeaccepted regtig?
2020-08-05"Ek wonder hoeveel van die vroue wat hulle wit-en-swart foto’s plaas, die moeite gedoen het om uit te vind waaroor dit regtig gaan."
Karen, dié is oek jóú struggle!
2020-07-29"Maa Karen, toe ek groot raak toe leer ek niewe dinge van die veliede en vestaan hoekô dinge is soes dit is. Ek noraggie navorsing om te vestaan hoe die system nie ’n system vi mense van kleur issie, wan ek liewe in dit elke dag van my liewe."
Arme, arme Uncle Cyril
2020-07-29"En wiet djy, Uncle Cyril, o’s vedien bietere. Djy vedien bietere. Soe, lead o’s. Sny daai toutjies wat djou soe lat van tune af dans, en be your own man."
Hoekom afbrand tot jou eie nadeel?
2020-07-23"Sou die protes steeds gebeur het, en so ontwrigtend wees, as inwoners gevoel het daar word na hul besware geluister en hulle is vennote met die stad?"
Maa hoe stiek mens die rienboeg weg?
2020-07-15"As grootmens het ek altyd gewonne maa hoekô moes ek uit die rienboegkas uitklim wanne dit baie clear was vi anne mense watte kleur my liefde is. En ek het kô realise dat dit wassie vi anne mense nie, maa vi myself."
Etiket en die nuwe normaal
2020-07-13"Bypassende maskers raak nou die in-ding, net soos dit die geval was met handskoene, wat aanvanklik tydens die tifus-epidemie gebruik is as beskerming, maar later gevestig is as modieuse bykomstigheid. Soveel dae, soveel dinge, en uiteindelik is dit net bedagsaamheid wat oorbly."
Die paper trail
2020-07-07"Miskien is die TikToks en die shares en die statusse en story updates tog deel van die boekhou wat wys dat die veliede ’n stem sal hê in die toekoms."
Die lewe in ’n korona-hotspot
2020-07-07"Dis ’n nimmereindigende reeks begrafnisse, en meesal weet jy nie eens meer wie dood is nie."
Boeke en die ongewastes
2020-07-06"Hulle het soos my familie begin voel, of soos eendmossels wat op my aangepak het. Ek was jonk en Calvinisties met ’n skuldkompleks so groot soos Tafelberg. Hulle het al meer in my oë begin kyk en later moes ek die dorp verlaat om hulle af te skud."
SAPD en GBV
2020-06-30"Die polisie hou graag as rede vir hul mislukkings gebrek aan samewerking van die gemeenskap voor. Maar wie se skuld is dit wanneer hulle aktief optree om die gemeenskap te ontmoedig om saam te werk? Wanneer hulle mense wat vorendag kom, soos kriminele behandel?"
Van woorde en pistole
2020-06-23"Die stories wat woorde en name onderspan, duik dikwels in verrassende ruimtes op. Tog ’n vreemde toeval dat Christian Cooper wat op 25 Mei vanjaar deur die Kanadese vrou Amy Cooper in die stad New York se Central Park in ’n onderonsie ingetrek is, dieselfde van as sy het."
Is "moffie" nou ’n licence to kill?
2020-06-18"Vooroordele gegrond op seksualiteit was nog altyd raar in ons gemeenskappe, selfs tydens apartheid, toe vooroordele op alle en enige gronde aangemoedig was. Moffies was ons allies in die poging om mans beter te verstaan, ’n bron van inligting wat veilig en nie-bedreigend was."
Die sewe doodsondes van rook
2020-06-15"Nou, 9 weke sedert die verbod op tabakprodukte in werking getree het, hóór jy die rokers. Hulle hoes soos ou Volkswagen Kewers in wintersweer. Nie van Korona nie, nee, van al die laekwaliteit-swartmarksigarette wat hulle so lank moes rook."
COVID-19 noodsaak herbesinning oor oneffektiewe parlementêre kiesstelsel
2020-06-12"Die gemiddelde kieser weet nie eens wie sy of haar LP of LPW is nie. Dit behoort nie so te wees nie."
"The little auntie is a clown"
2020-06-11"In een van my gunstelingstories van Jeanne Goosen, duidelik outobiografies, trek die kinderverteller haar pa se tuxedo aan en doen sy toortoertjies vir haar boetie en sussie. Later gaan verkoop sy raffle-kaartjies vir die skool, steeds in die opgerolde tuxedo."
Ter verdediging van Nkosazana Dlamini-Zuma
2020-06-11"Sy is ʼn opgevoede, intelligente, elegante swart vrou wat geen probleem het daarmee om die mag wat sy het, te gebruik nie. Dis waarom sy gehaat word. Hoe durf sy nie haar plek ken nie?"
COVID-19: ’n "Bouncer" soos Dominic Cummings vir Cyril
2020-06-10"In teenstelling met internasionale praktyk het Ramaphosa hom tot op hede nog nooit beskikbaar gestel om onderwerp te word aan joernaliste se vrae op ’n nuuskonferensie nie ... Dit is dié gebrek aan interaksie met joernaliste wat ingevreet het op Ramaphosa se golf van politieke kapitaal wat hy aan die begin van die inperking gery het."
