Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Paas-kerk in die tyd van Korona

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-03-30

"Verlede jaar was dit maar ’n droewe Paasfees. Ons was toe nog in die 21 dae van streng inperking, toe ons ons huise mag verlaat het net om kos te koop, of dokter of bank toe te gaan. Geen kerkdienste, geen grafte skoonmaak, geen massabyeenkomste nie. En alle aanduidings is dat daar hierdie week weer strenger maatreëls aangekondig gaan word net voor Paasfees."

Wat jou skoene verklap

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-03-24

"So, wat verklap jou skoenkeuse van jóú persoonlikheid?"

Hoe meet mens ’n jaar?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-03-19

"Dis nou die middel van Maart. ’n Jaar gelede hierdie tyd was die eerste COVID-19 gevalle al aangeteken in Suid-Afrika."

Drie hoera’s vir huishulpe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-03-16

"Onlangse statistieke van die Departement van Arbeid dui daarop dat daar meer as een miljoen huishulpe werksaam is in Suid-Afrika. Anders gestel, omtrent 8% van die totale arbeidsmag is huishulpe. Dat hulle nou regsbeskerming geniet in geval van werksbeserings, is ’n reusagtige stap vorentoe."

Moenie dat hulle jou sien aankom nie – my pa was my held

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-03-10

"Ek wens ek kon vir hom sê hy was ten slotte my held. Kinders word verblind deur prag, praal en grootpraat. Maar later gaan jou oë oop en imponeer die blaaskake jou al minder."

Gorman, Coel en Markle: verskillend en tog dieselfde

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-03-09

"Ons het so pas Internasionale Vrouedag gevier. Dalk sou dit meer betekenisvol wees indien ons ophou om vroue, maar veral swart vroue, hul stemme te ontneem."

COVID-19: waarom die kinders nou ons aandag nodig het

Elsabé Brits Rubrieke 2021-03-02

"Miljoene weeskinders is [na die Groot Griep] agtergelaat ... Mense het of wou egter nie daaroor praat nie; dit is dekades later eers weer bespreek en geanaliseer. Daar word na die weeskinders, ook die beraamde 500 000 kinders van Suid-Afrika, as die 'verlore generasie' verwys."

Twintig tequilas, Jacques?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-02-27

"En as ondersoekende joernalis behoort hy tog te weet dat basiese verifikasie van feite nodig is."

Die waarde in die waardelose

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-02-18

"Suid-Afrika het voor COVID-19 ongeveer 90 000 afvalverwerkers gehad; die syfer is nou, as gevolg van toenemende armoede en werkloosheid, véél hoër."

’n Vuurvreter van formaat

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-02-12

"Die mees onvergeetlike karakters is nie net dié wat my geïnspireer het om ’n beter mens te wees nie. Soms steek iemand in jou kop vas omdat hulle groter as lewensgrootte, te groot vir enige halfrond is."

’n Plig om te onthou?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-02-09

"Zuma en Malema drink deesdae saam tee. Het hulle vergeet van die bittere vyandskap wat daar op ’n stadium tussen hulle was, of is dit ons wat vergeet het Malema het eenmaal gesweer hy sal vir Zuma sterf?"

Daai was ’n missed opportunity, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-02-03

"Ek reken Uncle was te haastag ommie goeie nuus te share, en toe is Uncle ‘ie strategic ‘ie. Imagine as Uncle nou on live TV die vaccine gevat het, watse impact sou dit ‘ie gehet het ‘ie."

Next family meeting het ek oek punte virrie agenda, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-01-19

"En moenie lat ek  begin met Eskom nie. Helfte vannie economy is toe, en hulle kan ‘ie die ligte aan hou nie. Wat gebeu’ as die economy oepmaak? Gan ôs die winter innie donker en koue sit, Uncle? En dan verwag djy ôs moet ôs vensters en deure oephou en social distance te’wyl ôs vrek vannie koue?"

Die stralende toorn van Augusta

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-01-15

"Augusta was nie net charismaties wat geloof betref nie, sy het ook heelwat sjarme besit. Daar was altyd ’n vonkel in haar oog en lipstif op haar mond."

’n Kroniek van die kettingbrief

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-01-14

"Ek was 10 jaar oud toe dit gebeur het – die eerste en enigste keer in my lewe. Een middag na skool hou my ma ’n koevert na my toe uit en sê: 'Hier is pos vir jou.'"

Gaslight Trump en die Republikeine van Amerika?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-01-14

"Na die gebeure van die afgelope week, met die sedisie-aanval op die setel van die Amerikaanse regering, kan die liedjie met ewe veel vrug op die Republikeinse Party gemik word."

Liberty Books gaan groot

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-12-22

"In ’n jaar waar die koronavirus verwoesting gesaai het, nie net in ons gesondheidsektor nie, maar ook in baie bedrywe wat staatmaak op voete deur die deur, het ons gewoond geraak aan besighede wat hul deure moes sluit, soms permanent. Juis daarom sit Liberty Books se nuwe woonplek ’n huppel in die stap."

Inspirasiepornografie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2020-12-17

"Die term ’inspiration pornography’ is in 2012 gemunt deur Stella Young, ’n Australiese aktivis vir die regte van gestremde persone. Dit verwys na die verskynsel dat gestremde mense as bron van inspirasie gesien word suiwer op grond van hulle gestremdheid."

Kry jou branderplank, die tweede golf is hier

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-12-11

"In die laaste week is vier van my vriende positief getoets. Die plaaslike daghospitaal moes sluit want ses personeellede is siek."

Ruimterommel en binnekort derduisende satelliete om die aarde

Elsabé Brits Rubrieke 2020-12-10

"Wie besit die reg om die ruimte te beheer? Daar lê ook reeds talle stukke rommel op die maan."

Top