Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Die oorlog op vroue

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-19

"Is dit die doel van die aanvalle? Om vroue hulle plek te leer en dit is, nie in beheer van enigiets nie? Om vroue te leer dat dit nie saak maak hoe intelligent of suksesvol hulle mag wees nie, hulle kan nog steeds gemaak word om te voel hoe magteloos hulle is?"

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering twee: Wees gereed om verras te word

Marita van der Vyver Rubrieke 2021-10-19

"Eintlik voel elke dag wanneer ons ’n onbekende pad vat, soos die begin van ’n storie. Een van daardie boeke wat jy so geniet dat jy al hoe stadiger lees hoe nader jy aan die einde kom."

Freda die sigeunerin

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-10-13

"In die dae toe joga, karate en meditasie nog as duiwels beskou is, het sy haar verdiep in Oosterse filosofie, die diereriem bestudeer en die tarot gelees. Sy het astraal gereis en drome uitgelê. Sy was lief vir wierook, kerse, kristalle – alles wat my ma (destyds) as New Age en boos bestempel het."

Waar’s my bril?

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-10-13

"Toe kom die e-posse. Subtiel: Kan jy asseblief kyk na paragraaf sus of reël so, tikfoutjie? Ek sukkel al hoe meer om te grimeer. Hoe doen vroue dit? Jy kan tog nie ’n bril opsit as jy eyeliner aanwend nie."

Is dit tyd om cancel culture te kanselleer?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-12

"Waar word die streep getrek? Rock Hudson moes sy seksualiteit verberg, want as hy destyds uitgekom het as gay, sou hy gekanselleer word. Vandag verloor mense hul werk as hulle anti-gay-sentimente uitspreek. Is cancel culture dan soos ’n wind wat vandag hierdie kant toe waai, en môre elders?"

Vlak 1, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-07

"Kykie hoorie, ôs ammel wiet daai is net virrie election campaigning. Moet ôs ie vi poppe vattie. Daai is net ʼn trick lat ôs vi djulle moet vote soelat djulle ôs vi nog langer kan abuse."

Verkiesingskoors of electile dysfunction?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-09-27

"Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog bietjie vroeg, maar hier teen middel Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer."

Nou het ons twee (of dalk drie) Kariegas in die Oos-Kaap

Jason Lloyd Rubrieke 2021-09-20

"Wat my wel pla, is die feit dat die Oos-Kaap nou ’n dorp en ’n spoorwegstasie met die dieselfde naam van Kariega het. Daar is ook sprake van ’n derde dorpie met die naam van Kariega. Dit is glo naby die landelike dorpie Alexandria geleë. Daar woon glo net ’n paar gesinne op die kleine Kariega."

’n Swerfjaar vir seniors: Aflewering nommer een

Marita van der Vyver Rubrieke 2021-09-20

"Miskien moet ’n mens elke twintig jaar so ’n oorbruggingsjaar aandurf, begin ek nou bespiegel, om ’n nuwe perspektief op jou lewe te kry."

Die dag toe ek gesterf het  

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-09-13

"En iewers, tussen eskatologie en die wetenskap, is skeptici wat probeer sin maak uit die eeue-oue vraag: Skei die gees van die liggaam na die dood, en is die eindbestemming inderdaad die hemel of hel?"

Koebaai, Roe v Wade

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-09-07

"Erger nog, indien ’n minderjarige as gevolg van verkragting swanger word, verplig die wet haar nou om die baba te dra."

’n Liefdesbrief aan Patti Smith

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-09-06

"Internasionale reis gaan moeiliker word, maar in slapelose nagte soos vannag vind ek in my inboks ’n brief van Patti Smith met die subject line: A poem for you."

Is poverty porn eties?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-09-01

"Die probleem daarmee is wanneer dit aan die groot klok gehang word. Die probleem is dat persone geïdentifiseer word."

Is duck ’n dive ’n vereiste om president te wees?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-08-18

"As Zuma se duck ’n dive ’n pantsula is, dan is Uncle Cyril s’n ’n statige wals. Die effek is dieselfde: Ons as onwillige dansmaat en verstomde toeskouer word elke keer met leë arms en meer vrae as antwoorde gelaat. En steeds dans ons voort. En steeds kies ons dieselfde dansmaat."

Gesins- en familienarratiewe

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-08-16

"Elke familie het waarskynlik ’n oom wat besluit om die familiegeskiedenis te dokumenteer. Kom ons noem hom oom Giepie. Hy tree na vore as die alfaman en neem eienaarskap van jou identiteit en persoonlike inligting. Lidmaatskap is nie vrywillig nie. Nee, as jy jou doopname google, is jy skielik dáár, en as jy vroulik is, is jy en jou susters bloot terloopse sytakkies aan ’n boom, want genealogie is ’n patriargale storie."

Morele leierskap

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-08-16

"Is daar so ’n morele vakuum in die topleierskap dat niemand wat eerlik en bevoeg is, beskikbaar is vir sleutelposte nie? Wat is die waarde van ’n kabinetskommeling as dieselfde groep maar net in verskillende posisies ingeskuif word?"

Bestaan linkse politiek nog?

Jason Lloyd Rubrieke 2021-08-16

"Die linkses se kreatiewe en vernuwende vermoëns is morsdood en hulle kan met niks nuuts vorendag kom nie. Hier in Suid-Afrika het hulle eerder besuinigingsmaatreëls ingestel wat verdere ekonomiese druk op arm en werklose mense plaas. Besuinigingsmaatreëls moet liewer ten tye van oorloë en pandemies vermy word, omdat dit vernietigend vir minderbevoorregte mense is."

Waarom is moord sexy?

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-08-10

"Is ’n gevangene juis so begeerlik omdat hy veilig agter slot en grendel sit? Orrels in die maan? Is dit soos om ’n briesende, gespierde tier in ’n hok aan te hou?"

Vellies is net vellies – of is dit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-07-27

"Ontwerpers kan bitter selde al hul landsburgers gelukkig hou wanneer dit kom by die uitrustings wat deelnemers aan die Olimpiese Spele by die openingseremonie dra."

’n Kultus van positiewe denke

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-07-22

"Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, bv Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie."

Top