Suid-Afrikaners sal moet kies watter soort toekoms hulle wil hê

  • 0

Jason Lloyd (foto: verskaf)

Gesag of legitimiteit in ’n demokrasie word gewoonlik verkry uit algemene toestemming in die vorm van ’n algemene verkiesing of ’n referendum.

Gesag kan ook afgelei word van nie-demokratiese middele, soos die Duitse sosioloog Max Weber se kategorieë van charismatiese leierskap en tradisionele of godsdienstige gesag.

......

In Suid-Afrika het ons volgens die kernbeginsels van ’n grondwetlike demokrasie gereelde verkiesings elke vyf jaar op nasionale, provinsiale en ook op munisipale vlak.

Dit bied alle geregistreerde kiesers van 18 en ouer die geleentheid om hul gesag of legitimiteit deur middel van hul stem uit te oefen om vir die politieke party van hul keuse te stem.

..........

In Suid-Afrika het ons volgens die kernbeginsels van ’n grondwetlike demokrasie gereelde verkiesings elke vyf jaar op nasionale, provinsiale en ook op munisipale vlak.

Dit bied alle geregistreerde kiesers van 18 en ouer die geleentheid om hul gesag of legitimiteit deur middel van hul stem uit te oefen om vir die politieke party van hul keuse te stem.

Die politieke party wat die meeste stemme kry vorm dan die regering van die dag – hetsy dit op nasionale, provinsiale of plaaslike vlak is.

’n Oorwinning gee die geleentheid aan ’n politieke party om sy manifes (of lys van beloftes) te implementeer om die lewens van die mense te verbeter. Dié lys van beloftes dien gewoonlik as die mees fundamentele bron en riglyn in die formulering van die meerderheidsparty se openbare beleid.

Op 1 November gaan Suid-Afrikaners weer die geleentheid kry om aan die munisipale regeringsverkiesings deel te neem.

In ’n munisipale regeringsverkiesing stem jy vir ’n politieke party en ’n raadslid om setels op munisipale vlak te kry.

Die derde vlak van regering in Suid-Afrika, die plaaslike regering, word allerweë beskou as die belangrikste vlak van regering, of liewer diensleweringsvlak, omdat dit die naaste aan die mense of gemeenskappe is.

Sonder om die belangrikheid van die transformasie-noodsaaklikheid – soos die verkiesing en aanstelling van bevoegde en korrupsievry raadslede en munisipale amptenare – weg te redeneer, gaan die verkiesing op 1 November nie veel materiële verandering in menselewens teweegbring nie.

Daar is eenvoudig nie meer geld nie. Die meerderheid munisipaliteite sink in die skuld en ongeveer 80–90% van munisipale begrotings word op amptenare se salarisse bestee. Daar is baie min geld oor vir operasionele kostes, instandhouding en infrastruktuurprojekte.

Die wêreldwye ekonomiese insinking van 2008/2009, korrupsie, staatskaping, die COVID-19-pandemie, ’n gebrek aan ’n algehele ekonomiese plan en gebrekkige leierskap het Suid-Afrika ekonomies verlam.

.....

So hoe kom ons uit die ekonomiese gemors wat dreig om ons almal tot volslae armoede te reduseer?

.......

So hoe kom ons uit die ekonomiese gemors wat dreig om ons almal tot volslae armoede te reduseer?

Die Britse premier Boris Johnson het nogal beïndruk toe hy verlede week sy party, die Konserwatiewe Party, se post-COVID- ekonomiese plan onder die slagspreuk “Build Back Better” in Manchester bekendgemaak het.

Hy staan ’n hoë loon en hoëvaardigheidsekonomie voor, maar die Britse regering besef om dit te bekom benodig jy hoë beleggings en hoë produktiwiteit. Indien dit nie gebeur nie, is hoër inflasie die land se voorland.

Die privaat sektor het ook onderneem om sowat R2,6 miljard oor die volgende 10 jaar te belê om hul werkers te herbekwaam. Die program staan bekend as die Lifelong Learning Account. Dit beteken mense van alle ouderdomsgroepe gaan toegang tot geld hê om heropgelei te word wanneer hulle dit sou benodig.

Nog ’n program, die Kickstart Scheme, is daarop gemik om 16- tot 24-jariges in werke te kry.

Die fokus van die Britse regering is om in vaardighede te belê. Hoë vaardighede beteken hoë lone. Produktiwiteit beteken op sy beurt ekonomiese groei. Ekonomiese groei beteken meer werk vir die Britse bevolking. Meer werk betaal vir belasting en belasting betaal vir openbare dienste en betaal ook die regering se skuld af.

Die Britse regering gaan ook onbeheerde immigrasie begin beheer om te verseker mense wat na Brittanje immigreer het die vaardighede om tot die Britse ekonomie by te dra. Die droom of mikpunt is Global Britain, wat internasionaal kompeterend is.

.......

Ekonome en kommentators is positief oor die ekonomiese vooruitsigte vir Brittanje indien die regering en privaat sektor nougeset sou saamwerk om die ekonomiese plan te implementeer.

Suid-Afrika kan gerus die plan net so oorneem en veral daarop fokus om onbeheerde immigrasie, die hoë bevolkingsgroei en korrupsie onder beheer te kry.

.........

Ekonome en kommentators is positief oor die ekonomiese vooruitsigte vir Brittanje indien die regering en privaat sektor nougeset sou saamwerk om die ekonomiese plan te implementeer.

Suid-Afrika kan gerus die plan net so oorneem en veral daarop fokus om onbeheerde immigrasie, die hoë bevolkingsgroei en korrupsie onder beheer te kry.

Die uitgebreide openbarewerkeprogram behoort vir werkers kritiese vaardighede aan te leer sodat Suid-Afrika internasionaal mededingend kan word. Dié program beteken nie veel sonder ’n opleidingsegment nie. Daar moet belê moet word in menslike kapitaal.

Kiesers wat gereed is om op 1 November te stem, moet na politieke partye se ekonomiese plan vir Suid-Afrika kyk. Onthou, vaardighede, veral digitale vaardighede, is noodsaaklik vir Suid-Afrika se ekonomiese toekoms.

Suid-Afrikaners sal moet kies watter soort toekoms hulle wil hê.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top