Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril
2022-04-19"Nomme een, djy kan maa climate change blame soeveel djy wil virrie balls-up innie Natal in. Maa as die paaie gefix en gemaintain was, dan het die rubbish wat nou angan, nie gebeu nie."
Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene
2022-04-19"Dis dalk onvermydelik, as jy ná ’n lang afwesigheid terugkeer na jou geboortegrond, dat jy jou soos ’n hond gaan gedra. Grawe-grawe op soek na ou bene om weer bietjie aan te knaag. Dis nie dat jy honger ly nie. Dis net dat niks so lekker smaak soos lank gelede se bene wat jy self begrawe het nie."
Sprokie
2022-04-19"’n Sprokiesmooi troue. ’n Bruid se grootste dag. Oral in die media word hierdie idee – of mite – aangeblaas."
Laat die klokke beier met Tiffany Ng
2022-04-13"Wie kan die bekendste literêre beiaardier, die tragiese Qasimodo van Hunchback of Notre Dame, vergeet? Maar beiaardiers in die regte lewe? Voor Tiffany Ng, professor en musikoloog in die Skool vir Musiek, Teater en Dans aan die Universiteit van Michigan en amptelike universiteitsbeiaardier, het ek nooit vantevore een ontmoet nie."
Sal federalisme werk in Suid-Afrika?
2022-04-12"Die afgelope twee weke sedert die stigting van Kaapse Forum (KF) deur die joernalis, TV- en radiopersoonlikheid Heindrich Wyngaard en die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, was die gort gaar oor dié inisiatief omdat dit kwansuis ’n gesamentlike plan sou wees tussen Wyngaard en Kriel om die bruin mense vir eie gewin te misbruik."
Die mooiste seuns op aarde
2022-04-12"Rus sag, my cool blues broers. Ons is veterane van dieselfde slagveld."
Is djulle gesyp, Kaapse Forum?
2022-04-07"Wat is volgende? Voorstelle dat die Driekamerparlement dalk glad nie so ’n slegte idee was nie, want toe kon 'ons' bruines darem ’n stem uitbring?"
Die nuwe Covid-maatreëls: sinvol, of dalk heel sinloos?
2022-03-25"En wie is dan die groter sheeples – die persone wat die regering se instruksies blindelings navolg, of die persone wat besluite neem onafhanklik van wat die regering mag besluit?"
Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes
2022-03-23"Dis ’n ander vasteland dié. Dit lyk anders, dit ruik anders, dit vóél anders. Ek voel tuis hier, op ’n manier wat nêrens anders moontlik is nie."
Watse menseregte?
2022-03-22"Daar is niks om te vier nie. Menseregtedag het ’n dag geword wanneer ons rou oor die sterfte van die reënboognasie."
Taal van my hart
2022-03-22"Lawe my met rosyne, want ek is flou van liefde. Ek kan rinkink in my taal."
Virtuele nasate
2022-03-16"By sy begrafnis het my ma vir die eerste keer haar halfsibbe ontmoet. Ek was toe 19. Na die diens het ek op my bed gaan lê en gehuil. Eers met my wang sywaarts op die kussing. Jy kan met een oog huil, soos ’n sikloop. Huil in reliëf, soos ’n sfinks. Huil met jou kop tussen jou hande terwyl die trane bidsnoere maak om jou polse."
Sal ’n enkele Afrika-geldeenheid goed wees vir Suid-Afrika?
2022-03-15"Julius Malema, Pandor en die ANC wat blindelings droom van ’n federale Afrika sonder grense en ’n enkele Afrika-geldeenheid, moet die uitdagings in gedagte hou waarmee die Eurolande worstel. Veral omdat Afrika ’n arm vasteland is wat dikwels deur korrupte, onbevoegde en rassistiese regerings regeer word."
Lat die mense govern, Uncle Cyril
2022-03-15"Of dink djy djy gan ie hero wies wat singlehandedly ie fight gan stop? Kan miskien gewêk het as djy gedeal het met sane mense, maa daai Poetin issie sane nie, Uncle. Hy sal djou virre pop vat en djou (en ôs) sam met hom aftrek. Raak wys, Uncle."
Nog ’n koppie boeretroos vir jou?
2022-03-07"Dis during daai dae dat kitchen dressers so in die limelight gekom het. Sulke cream en light greens. Die hele kas was cream gepaint en al wat ’n laai en deur was in light green. And al die handles was silwer. In the middle bo was ’n klein kombuisklok ook gewees en just below it twee glasdeurtjies wat sideways oopgeskuif kon word. But jy kon nie daardeur sien nie."
Brittney Griner, Poetin se nuutste politieke speelbal
2022-03-07"As hierdie redenasie korrek is, dan het Poetin hom gruwelik misgis. Amerika gaan hulle nie laat uitlok om die Derde Wêreldoorlog te begin oor hierdie arrestasie nie."
Staan maa eider ytie water, Uncle Cyril
2022-03-01"Besides, daa waai nie ’n windjie tussen Rusland en China ie, soe tight is hulle. En ôs need hulle twie se investments."
Oumaklere
2022-02-25"Sy’t mos net fyn patrone gedra, want groot goed laat mens uitgestoelt lyk nes ’n adamsvy. In die winter was dit Viyella – was mos van merinoskape se wol geweave. Dis seker wat van FCU se wol geword het, het ek gedag. In England, my dear. Nie sommersó nie! Niks crimplene of trilobal nie."
Van Rusland, met liefde?
2022-02-22"Maar waar staan ons in Suid-Afrika? Ons ontvang hulp van die VSA, en ons het stewige ekonomiese verhoudinge met Rusland en China. Dit voel inderdaad soms asof ons in die proses is om deur China gekoloniseer te word, stilweg en sonder dat daar veel teenstand is."
