
Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)
Met Brett Kavanaugh se bevestiging was die vrese uitgespreek dat aborsieregte, soos bevestig in die beslissing in Roe v Wade, in gevaar is. Destyds was dit afgemaak as die histeriese paniek van liberale vroue.
Die naweek is uitgelekte notas na bewering van ’n uitspraak wat Roe omverwerp, gepubliseer deur Politico, ’n organisasie wat hulle beywer vir politieke joernalisme. As dit korrek is, en daar is geen rede om te dink die notas is nie eg nie, dan is aborsieregte se dae getel in Amerika. Die vroue was toe destyds reg. Kavanaugh se aanstelling was die begin van die einde van heelparty regte wat vroue as vanselfsprekend aanvaar.
...........
Daar is alreeds in verskeie state aanslae op aborsieregte, maar meer verreikend ook op ander regte wat vroue tans as vanselfsprekend aanvaar. Word Roe v Wade omvergewerp, is baie ander vroueregte op ’n baie wankelrige grondslag.
.............
Daar is alreeds in verskeie state aanslae op aborsieregte, maar meer verreikend ook op ander regte wat vroue tans as vanselfsprekend aanvaar. Word Roe v Wade omvergewerp, is baie ander vroueregte op ’n baie wankelrige grondslag.
Daar is natuurlik heelwat vrae. Die heel belangrikste vir my is: Hoe op dees aarde word die notas vir so ’n verreikende beslissing nie beter bewaar nie? Het dit sommer net rondgelê vir enigeen om daarna te kyk? My vermoede is dat een van die regters ’n assistent het wat nie heeltemal gelukkig is met die rigting waarin daar beweeg word nie.
Die woede, en die gepaardgaande paniek, is heeltemal geregverdig. Dit gaan hier nie net om ’n vrou se reg om keuses omtrent haar eie liggaam te maak nie. Om beëindiging van swangerskappe te verbied, gaan veel verder. Dis die begin van vele inperkinge op ’n vrou se regte. Daar is geen voorsiening vir sosiale dienste om die kind wat nou teen wil en dank in die lewe gebring gaan word, te versorg nie. Dit beteken dat vroue nou potensieel verder in armoede gedompel gaan word.
.............
Dit gaan hier nie net om ’n vrou se reg om keuses omtrent haar eie liggaam te maak nie. Om beëindiging van swangerskappe te verbied, gaan veel verder. Dis die begin van vele inperkinge op ’n vrou se regte. Daar is geen voorsiening vir sosiale dienste om die kind wat nou teen wil en dank in die lewe gebring gaan word, te versorg nie. Dit beteken dat vroue nou potensieel verder in armoede gedompel gaan word.
..............
Dit gaan egter ook nie net om beëindiging van swangerskappe om ekonomiese redes nie. Daar is alreeds beperkinge op aborsies wat gedoen word om die ma se lewe te red. In my boek Onverskrokke vroue bespreek ek ’n geval waar die vrou kunsmatig aan die lewe gehou is, teen haar familie se wense, om haar swangerskap te voltooi. Die kind was so erg gestrem dat daar nooit ’n lewende geboorte verwag was nie. Die dokters het dit geweet, en tog het hulle die familie deur die trauma gesleep, om redes wat nog steeds onduidelik is.
..........
In ’n ander geval is ’n vrou wat ’n miskraam gehad het, strafregtelik aangekla omdat sy nie geboorte geskenk het nie. Let wel, sy het nie die fetus geaborteer nie, sy het ’n miskraam gehad.
.............
In ’n ander geval is ’n vrou wat ’n miskraam gehad het, strafregtelik aangekla omdat sy nie geboorte geskenk het nie. Let wel, sy het nie die fetus geaborteer nie, sy het ’n miskraam gehad. Neem in ag die feit dat tot 15% van alle swangerskappe in die eerste trimester in miskrame eindig, en die moontlikhede vir vergrype in die regspleging neem eksponensieel toe.
Hierdie tipe wreedheid gaan nou aan die orde van die dag wees indien die hoogste hof in Amerika Roe v Wade omverwerp.
Dit sou erg genoeg wees indien dit daar eindig, maar sal dit? Dis net ’n baie kort logiese sprong van daar tot ’n besluit dat voorbehoed ook neerkom op moord op ’n potensiële lewe. En ’n selfs nog korter sprong om te besluit dat dit neerkom op kindermishandeling indien die ma werk en nie by die huis bly om na die kind se belange om te sien nie.
Dit begin al meer klink soos die storielyn van The handmaid’s tale. Dis egter nie ’n storie nie. En dis nog minder ’n bron van vermaak om te sien hoedat die voormalige bastion van progressiewe regte in die wêreld so maklik lamgelê kan raak deur een of twee strategiese aanstellings. Trump is dalk nie meer aan bewind nie, maar terwyl hy mense in sleutelaanstellings het, gaan sy invloed ’n buitengewoon groot skaduwee gooi.
Selfs meer ontstellend is die wete dat hierdie terugskaal van regte onverpoosd sal voortgaan totdat minstens twee van die huidige konserwatiewe regters aftree of sterwe tydens ’n demokratiese bewind. Word hul dienstermyn beëindig gedurende ’n konserwatiewe bewind, is dit natuurlik die einde van progressiewe regte in die VSA ten minste in my leeftyd.
Dié wete maak my elke dag dankbaar dat ek in Suid-Afrika woon. Maak nie saak hoe sleg dit gaan nie, en soms gaan dit maar beroerd in ons land, basiese regte word beskerm en is nie onderworpe aan die politieke nukke en grille van die dag nie.
Vir al die dollars in die wêreld wil ek nie vandag ’n vrou wees in die VSA nie.
Lees ook:
Kommentaar
As 'n internasionaal-bekende evangelis se grootmoeder nie omgepraat is om nie haar ongehude swangerskap te beëindig soos wat sy wou nie, sou hy nie gebore gewees het nie. Sy moeder was die ongebore baba. Gaan verdiep jouself in die werke en leringe van David Pawson en word self gered.
Die probleem met Roe v Wade is dat die regters daar 'n grondwetlike reg binne die raamwerk van die Amerikaanse Grondwet loop soek (en gevind) het, wat nie daar was nie. Die beslissing was van meet af aan, op 'n regstegniese basis, verkeerd, en "egregiously" so.
Die Amerikaanse Grondwet bepaal uitdruklik dat magte wat nie aan die Federale bestel toegeken word nie, by die State bly. Dit beteken dat elke Staat self deur sy eie wetgewende liggaam mag besluit oor sake soos, onder andere, 'n vrou se reg op vrugafdrywing.
Selfs die mees "liberale" vertolking van 'n vrou se reg om oor haar eie liggaam te beskik vereis dat daar beperkings op daardie reg moet wees. Alle regte het perke, selfs die reg op lewe. Die idee wat deur sommige persone op die buitenste grense van realiteit aangevoer word dat 'n vrou die baba mag afdryf (doodmaak) tot by die oomblik net voor geboorte is so belaglik dat dit homself ontbloot as onhoudbaar.
Wat nou gebeur is dat elke Staat wat in die kleine in daardie opsig onafhanklik is self sal moet besluit wat daardie perke binne sy eie gebied sal wees.
En wat sou daarmee verkeerd wees?