Onverskrokke vroue: uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag – ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

“Elke boek wat ek skryf begin met ’n vraag, iets waaroor ek wonder. Met hierdie boek was die vraag: Hoe baie het dinge verander vir vroue vanaf Bybelse tye? En, in my meer moedelose oomblikke: Het dinge verander?”