Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril

  • 6

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)

Mornings Uncle Cyril

Hoe vaar die siel vedag, Uncle?

..........
Ek kon sien Uncle lyk maa uncomfortable daa innie Natal in, met ie vloede en soe aante. Ek het eeste gemeen is oo Uncle soe sad is vi die plight vannie mense. Maa toe realise ek, is mos hoeka die mense wat qualify vi HOP-huise, en wie se geld gebad het toe die firepool gebou was, wie se shacks  gevespoel het.
...........

Ek kon sien Uncle lyk maa uncomfortable daa innie Natal in, met ie vloede en soe aante. Ek het eeste gemeen is oo Uncle soe sad is vi die plight vannie mense. Maa toe realise ek, is mos hoeka die mense wat qualify vi HOP-huise, en wie se geld gebad het toe die firepool gebou was, wie se shacks  gevespoel het. Soe maybe was it guilty conscience wat gemaak het lat Uncle lyk of Uncle ’n bunion onne die toon het.

..........
Ek sien hoeka die eienaar vannie firepool het al wee ’n medical emergency gehad. Nou wanne gan djulle uitfigure sy medical emergencies is al net wanne hy moet hof toe gaan? Die res vannie tyd is hy so fris en gesond soes kan kom. Hy vat ôs ammel vir nwatas dink ek. En ôs lat dit toe.
...........

Ek sien hoeka die eienaar vannie firepool het al wee ’n medical emergency gehad. Nou wanne gan djulle uitfigure sy medical emergencies is al net wanne hy moet hof toe gaan? Die res vannie tyd is hy so fris en gesond soes kan kom. Hy vat ôs ammel vir nwatas dink ek. En ôs lat dit toe.

Maa ek willie distracted raak ie, al is hy eintlik oek maa deel vannie main point vannie brief, Uncle. Ek wil met Uncle praat oorie state of disaster wat al wee afgekondig is. National, nogal. Oukei, ek verstaan die Durban-hawe is belangrik; ek vestaan die infrastructure, die paaie en soe aan is in hulle glory in, en dit gaan baie geld kos om te fix. Maa Uncle, ôs ammel wiet mos djou government employees en die elected officials het ammel sticky fingers. As die koste vi iets R1 is, dan charge hulle somma R200. En daai anne R199 benefit nie ôse mense nie.

En Uncle, in djou late night speech admit djy it.

Maa Uncle, kô ôs praat padlangs. En ie pun is nogal intended oek.

Nomme een, djy kan maa climate change blame soeveel djy wil virrie balls-up innie Natal in. Maa as die paaie gefix en gemaintain was, dan het die rubbish wat nou angan, nie gebeu nie. Wanne laas het djy deu Bloemfontein gery, Uncle? Van daai potholes is al permanent fixtures. Ek gie dit net ’n jaar of soe, dan gie hulle die potholes name en maak it ’n tourist attraction, soes innie Kongo in.

..........
Maa wiet Uncle wat ie eintlike problem is? Daa issie consequences vi steel ie. As ek wiet ek kry net ’n piets oppie gewrig, suspension met full pay en ek hoef ie ees te gan please explain innie hof ie, dan is it mos die risk wêd.
...........

Natal was eeste, maa as djy nie djou vinge uittrek ie, gan daai nie die laaste wies ie. Is ’n skanne lat mense wie vi djulle gevote het, nie ees in prope hyse bly nie. En dan wonne djulle hoeko mense nie wil tax betaal ie?

Niemand like om gerob te raak ie, Uncle. Hoeko dink Uncle gie mense eeder vir Gift of the Givers donations? Wan hulle wiet ie geld gan daa wat dit needed is, nie vi Gucci-sakke en overseas shopping sprees ie.

Kyk bietjie die press photos wat gevat was van djou visit. Kyk hoe lyk die officials wat sam met djou gegan het. Vies oorlat hulle grênd skoene modderig geraak het. Bollewange oor hule moet slum. Nie een het ees gelyk of hulle worry oor ie mense wat dood is, missing is, sonne ’n dak sit ie. Neus in hulle phone soelat hulle nie rond hoef te kyk en sien watse misery die mense vi wie hulle responsible is, moet deumaak ie.

En ek is sieke hulle calculations was net oo watte percentage hulle sal score van allie tenders wat nou sal moet ytgan.

En Uncle, ek worry oo die national state of disaster. Is Uncle sieke daai issie maa net oo Uncle velang na die twee jaar vannie Covid state of disaster ie? Reëls wôd veslap, oversight issie so strict ie. Ja,ek wiet Uncle het gesê parliament gan oversight hê. Maa ôs ammel wiet mos dingetjies slip deu die cracks, en daa’s ’n paar glibberige operators in Uncle se team.

..........
Maa wiet Uncle wat ie eintlike problem is? Daa issie consequences vi steel ie. As ek wiet ek kry net ’n piets oppie gewrig, suspension met full pay en ek hoef ie ees te gan please explain innie hof ie, dan is it mos die risk wêd.
.............

Maa wiet Uncle wat ie eintlike problem is? Daa issie consequences vi steel ie. As ek wiet ek kry net ’n piets oppie gewrig, suspension met full pay en ek hoef ie ees te gan please explain innie hof ie, dan is it mos die risk wêd. En ie reason hoeko daa nie consequences vi steel issie, is oorlat daa nie genoeg honest mense in djou party is to call die anne to account. Die ANC het ie tipping point gebereik waa daa mee skelms as honest politicans is. Maa daai is sieke oek ’n contradiction in terms.

.........
Die ANC is terminally ill, Uncle. Djulle is op life support, en djulle wiet it ie ees ie.
...........

Die ANC is terminally ill, Uncle. Djulle is op life support, en djulle wiet it ie ees ie.

Die next election gan ’n rude awakening wies, Uncle. En die een daa’na is die een waa djulle oppie oposition benches gan sit as djulle nie nou regkom ie.

But intussen, moenie vi ôs liegstories kô andra nie. Moenie vi ôs vetel bokdrolle is rosyntjies ie, ôs ken die difference. En ôs gan daai bokdrolle uitspoeg soes die drek wat it is.

Raak wys, Uncle.

 

  • 6

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    "en daa’s ’n paar glibberige operators in Uncle se team"

    Is dit darem nou nie uitstekend gestel nie!?

    Ek wonder net oor daardie volgende verkiesing. Verkiesings, gee verkiesings nog enigsins vir mense enige hoop? Vir wie gaan mense stem as hulle nie vir die ANC stem nie? Vir Mashaba? Beslis nie vir Zillhuysen nie. Ek verwag eerder 'n ramp. 'n parlement wat hang. Eindelose litigasie. Chaos. Verwarring. En so aan en so meer.

  • Carine Crafford

    I rest my case! Baie goed geskryf. Verlang sommer nou terug na die mooie Kaap en sy mense.

  • Hiri issie beste ooit! Well done met een amazing skrywe! Ek wens so die politicians in parly kon dit lees, dan kon jy hiri brief vir hulle persoonlik elkeen e-pos. Maybe is da iemand van hulle wat dit kan mimiek, dan sal hulle dit dalk catch.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top